Die 1 ding – Klein verandering groot verskil

[powerpress]

Ons begin ’n nuwe reeks die een ding. Wat is die een ding wat jy aan kan werk wat die groot verskil of deurbraak kan gee.

Baie mense begin elke jaar met pragtige mooi voornemens en dis gewoonlik ’n lys van goed. Gesonder leef en harder oefen veral as jy dalk ’n slegte gesondheids jaar gehad het. Groei in jou verhoudings veral as ons verhoudings uitmekaargeval het, geestelik dieper groei, beter rentmeester wees met my resources. Persoonlike ontwikkeling doen en die lys kan aangaan en gewoonlik die tyd van die jaar as ons eerlik is dan raak ons bietjie depro, ons is moeg want die jaar het ons gebully, ek het by niks van my mooi voornemens lys uitgekom nie.

En ek dink ’n groot rede hiervoor is omdat ek en jy op soveel goed gefokus het dat ons nie een ding reggekry het nie.

Ek weet nie van julle nie, maar soms kyk ek na mense wat in ’n sekere area dinge uit gesort het. En soms raak ek mismoedig want ek dink by myself ek weet nie wat se groot veranderinge en goed ek sal moet doen daarom reg te kry nie.

As ek vir julle moet vra hoe kan mens seker maak jy het gesonde, florerende huwelik. Een waar daar nog passion en verliefdheid is.

Gaan ek ’n lys van groot goed kry nè, Couple retreats, weeklikse date nights, kry aktiwiteite wat julle saam kan doen soos fietsry bergklim, gee mekaar spasie om ook jou eie passies uit te leef. En alles van die goed is goeie goed en baie nodig.

Maar wat as ek vir jou sê as jy ’n gesonde huwelik wil hê, al wat jy moet doen, is om elke dag saam te bid. En dis nie nodig vir ’n uur of ure nie soms dalk net 30 sek dalk net voor julle werk toe gaan of soms paar minute in die vanaand voor julle gaan slaap. As jy dit doen, sal julle ’n gesonde florerende huwelik hê. Nou meeste mense as hulle dit hoor is hulle en dalk is jou eerste reaksie nee dit kan nie so klein eenvoudige stap wees nie.

Maar dink daaroor ek kan nie vir iemand bid vir wie ek kwaad is of wie ek haat nie. Ek moet dinge uitpraat. Ek kan nie vir iemand bid as ek nie weet wat in hulle lewe aangaan nie so ons moet kommunikeer en luister na mekaar en belangstel. As ons bid is daar ’n geestelike konneksie.

Vriende die goeie nuus vir ons vanoggend is, dat dit is nie die groot goed wat die verskil maak nie dit is nie, dit is nie die huge aanpassings nie.

Dit is die klein veranderinge wat niemand sien nie wat die groot resultate bring wat almal wil hê. Ek glo dat jou jaar en volgende jaar kan anders wees kan beter wees, nie a.g.v. die groot veranderinge wat jy baie keer dink jy moet maak nie, maar a.g.v. die klein veranderinge wat jy begin maak wat niemand sien nie.

Ons lees vandag uit Sagaria 4:6-10 (Boodskap) Nou net vinnig agtergrond. Toe die gedeelte geskryf is. Was die tempel af gebreuk en die volk was gevange geneem. So dit was ’n baie lae punt in hulle geskiedenis. Hulle het nie huis om God in te aanbid nie en is nie eers in land waar hulle behoort te wees nie. 537 V.C kom Zerubbabel en lei ’n klomp Israeliete terug Israel toe.  So daar is hoop hulle is terug in land waar hulle moet wees. 18 jaar later kom God en sê  vir Koning Zerubbabel ek gaan jou krag gee om tempel te herbou.

So ons begin by vers 6 en laat toe dat die woord met jou praat.

6. Toe begin hy vir my verduidelik. Die Here wil vir Serubbabel sê: “Jy sal nie suksesvol wees deur militêre mag te gebruik nie. Dit sal jou ook nie help om op jou eie krag staat te maak nie. Dit is die Gees van die Here wat vir jou sukses sal gee. Dit is wat die Here sê!”

Vriende hier is die waarheid ek glo baie keer kry ons nie voornemens reg nie of ons kry dit nie reg om suksesvol te verander nie. Want ons probeer te veel uit ons eie krag dit doen. En soms begin ons en ons begin veranderings sien maar dit hou nie of jy probeer en probeer so hard maar jy wen nie dit voel of jy nêrens kom nie. Maar dis wanneer ek en jy in Sy krag in beweeg en ons toe laat dat die Heilige gees in ons en deur ons werk wat verandering gebeur. Dis nie deur ons krag wat transformasie kom nie, maar transformasie kom deur die Heilige gees wat in ons werk.

7 Geen probleem of struikelblok sal in sy pad staan nie. Al voel dit soos ’n berg wat in sy pad staan, dit sal gelyk gemaak word soos ’n plat vlakte.

Vriende maak nie saak wat God jou roep vandag om aan te werk nie wat se 1ding hy vir jou sê om te verander nie daar is niks op aarde wat jou sal kan keer om dit te doen nie.

Wanneer Serubbabel die laaste steen in die tempel inbou, sal die mense skree: “Mag dit goed gaan, mag dit goed gaan met die tempel!”

Dan is dit net so ontsagwekkend dat voor die werk begin sien God kla die eindresultaat. Wat ook al God jou roep om vandag te begin verander of aanwerk of te begin doen Hy sien kla wat die resultaat kan wees as ek en jy oorgee en dit deur Sy krag doen.

8 Daarna het die Here weer met my gepraat en gesê wat ek moet sê:9 “Serubbabel het die fondamente van hierdie tempel gelê. Hy sal die tempel klaar bou.

Nou die begin fase van die tempel se herbou was baie stadig en mense het baie keer mismoedig geraak en daar gaan huil, party mense glo hulle het gehuil omdat hulle so bly was dat die tempel besig is om herbou te word. Ander het gehuil omdat dit gelyk het of niks gebeur nie, of omdat hulle net so skaam was oor die feit dat dit so stadig gaan het. Dit het gelyk of daar net ’n paar klippe op mekaar gesit is.

En soms voel ons so nie waar nie ons oefen en eet reg maar niks gebeur nie en jy raak mismoedig, jy begin moete doen met verhoudings maar jy voel niemand sien dit raak nie niemand waardeer jou nie. En jy wil opgee.

Vriende in die week het ek net op ’n stadium so opgewonde begin raak, en soos Braam vanoggend weer gesels het oor die gebou en die proses. Om te weet ek en jy het die voorreg om deel van die wonderwerk te wees en om te weet ons is amper daar.

As ek eerlik kan wees vir ’n oomblik daar was ’n tyd wat dinge lank stil gestaan het en dit net gevoel het gaan dit ooit gebeur en toe begin ons bou en toe kom daar tyd wat dinge weer stilstaan en ek wou mismoedig raak maar dan kom die Here en hy doen weer ’n wonderwerk en die stoele arriveer of iemand doen werk verniet of iemand buite die gemeente gee groot bydrae en dan besef ek die Here sal sy kerk bou hy nooi ons net saam vir die ride.

10 Die werk wat nou aan die gang is, lyk miskien klein en nie waffers nie. Maar moenie die waarde daarvan onderskat nie.

Ek hoop dat die vers bemoedig jou vandag. Ons kan eers die 2de klip pak as ons die eerste een gepak het. Baie keer moet ons net eers begin daai eerste stap neem. Ek glo die Here is bly wanneer ek en jy getrou is in die klein dinge.

Baie keer kyk ons na mense maar ons vergeet ons kyk na hulle soos die Engelsman sal sê highlight reëls maar ons sien nie wat behind the sense gebeur nie.

Ons lees van David en is soos sjoe hy was man na God se hart en David het Goliat verslaan en ons is soos ek wil ook my reuse oorwin ek wil ook my Goliats verslaan. Ons vergeet dat vir jare lank het David skape opgepas en het hy dag na dag met sy Slingervel geoefen en wilde diere weg gejaag van die skape af en soms hulle selfs doodgemaak. Hy was besig om te oefen om getrou te wees in die klein stappe sodat God hom later kon aanstel oor die groot goed.

Ons lees oor Daniel en ons is ek wil geloof soos Daniel hê. Hy was nie bang om vir sy geloof vir leeus gegooi te word nie, want hy het geglo alles sal ok wees. Maar ons vergeet dat Daniel het elke dag van sy lewe 3 vaste tye gehad wat hy gebid het en met God reconnect het en God gesoek het.

Hoe anders sal my en jou geloof nie lyk as ons 3 vaste tye het om met God te reconnect en sy wil te soek nie.

Vriende dis die klein goed wat niemand sien wat die resultaat bring wat almal soek.

En in die reeks gaan ons gesels oor die eending daai klein aanpassings in ons gedagtes in ons woorde en in ons gewoontes wat ons moet maak wat die groot verskil gaan maak.

Want wat jy dink begin die woorde word wat jy praat en die woorde wat jy sê word die gewoontes wat jy doen en jou gewoontes bepaal die jy word.

Die Bybel is vol van die een ding gedagte. David ’n man na God se hart weet julle wat was David se een ding? Ons lees dit in Psalm 27:4 Een ding vra ek van die Here,

en dit sal ek bly soek: om in die huis van die Here te bly al die dae van my lewe, om my te verbly in sy goedheid, en in sy tempel daaroor na te dink.

Vriende as jou een ding is om heeltyd in God se teenwoordigheid te wees raai wat jy kan ook genoem word man of vrou na God se hart.

As ons dink aan Martha en Maria kom, kom Jesus na dat Martha nou lekker omgekrap is want die koekies het gebrand en die teepot en koppies match nie met die doekie op die skinkbord nie en dan as sy vir Jesus vra pla dit hom nie dat haar suster nie haar help nie dan sê Jesus vir haar in Lukas 10:41-42 Maar die Here het geantwoord: “Marta, Marta, jy kwel jou tog oor so baie dinge! Daar is regtig net een ding wat nodig is om oor besorg te wees. Maria het dit ontdek – en Ek gaan dit nie van haar af wegneem nie.”

Paulus die beste Apostle van alle tye. Hy het nie die beste begin gehad nie, eers het hy Christene vervolg en doodgemaak toe verander die Here sy lewe. Hy begin toe rondtrek om die goeie nuus te verkondig. Hulle beweer 13 of 14 van die 27 boeke in die Nuwe Testament is deur Paulus geskryf. In van sy boeke dan skryf hy wat alles met hom gebeur het hoeveel keer hy geslaan is, skipbreuk gely het, is gepik deur ’n slang, gestenig maar hy hou aan en dan wonder jy hoekom en dan gee Paulus ons sy antwoord in Efesiërs 3:13 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê.

Nou vriende hier kom jou huiswerk vir die week en die reeks. Ons gaan nou baie gefokus raak. Ek wil hê dat jy nie net jou een ding sal kry nie, maar dat ons meer gefokus sal raak. Jy moet die week gaan bid en God vra dat hy vir jou een woord sal gee. Een woord wat jy opgaan fokus vir die res van die jaar en volgende jaar. Wat jou fokus gaan bepaal, wat jou beplanning gaan bepaal.

Vriende onthou een woord het baie krag.

Een woord van bemoediging kan iemand se lewe red, een woord van erkenning of dankbaarheid maak dat jy harde probeer, een daad van om verskoning vra kan ‘n huwelik red.

Vriende wat is jou een woord?

Ek wil jou aan moedig dat jy die week gaan stil raak en gaan bid en God soek en vra Here wat is my een woord wat ek vir die volgende jaar moet op fokus.

Vriende moet nie net ’n woord uit die lug ruk wat jy voel nie. Onthou ons het gesê baie keer hou ons nie by ons voornemens nie, want dis nie God geïnspireerd nie, dit kom uit ons self. Gaan en raak stil die week en vra die Here om ’n woord vir jou te gee. Dalk is dit rus, of geduld, genade, oefen, vrygewigheid, dankbaarheid, luister, gebed, stilte, ontwikkeling, verhoudings, geloof.

Sodra jy daai woord het gaan kies ‘n vers wat daai woord vas maak. Gaan google toe en as dit diensbaar is tik – diensbaar in die Bybel. Daar gaan klomp verse opkom en jy lees deur dit en lees deur dit tot een vers vir jou uit staan en jy maak daai jou vers vir die jaar.

Gaan en skryf daai woord en daai vers neer. Jy swot daai woord op wat is die sinonieme vir daai woord jy begin te bid te dink oor daai woord en fokus alles wat jy beplan en doen rondom daai woord.

Elke dag as jy opstaan staan jy op met daai vers en daai woord. Wanneer jy bid en stil raak vra jy die Here wat wil hy jou leer deur daai vers en daai woord.

Vriende my woord wat ek die week ontvang het, is dieper. Ek gaan begin dieper gaan in my verhouding met God, myself, die mense met wie ek lewe doen maar ook ’n soekende wêreld daarbuite. Ek gaan dieper begin gaan in my leierskap en die ontwikkeling daarvan.

Jesaja 54:2 “Maak jou woning groter. Span jou tent wyer, en moenie huiwer nie. Maak die tentlyne langer en slaan die penne dieper in.

Vriende wat se groot goed kan gebeur as ek en jy net een klein fokus skyf maak. Huwelike kan gesond word, families kan weer gesond wees, jy kan geestelik verdiep, ons kan weer begin om met doel te lewe, ons kan weer begin lewe en nie net meer oorleef nie. God se koninkryk op aarde kan gevestig word en soekers kan Hom vind.

Move – Week 6: Angstig na vrede

[powerpress]

Skriflesing: Filipense 4:4-9 (NAV)

scream-2

Nou daar is hierdie skildery deur Edvard Munch wat genoem word the scream nou ek is geen art critic of expert nie, maar die ding is nie mooi nie. En eerlikwaar ek soek nie dit in my huis nie, ’n vriend sê hy dink as jy die ding in jou huis hang sal die son seker sak. Maar nie te min hierdie skildery is op 2 Mei 2012 verkoop vir $120 000 000 verkoop nou hoop nie ek trek ’n Zumatjie op myself nie, maar dit is R1 727 814 000.

Maar kyk daarna, ek wonder hoekom is dit so waardevol, dis ’n sad prentjie, die gesig is vol vrees en angs dis asof alles wobbly is. Die storie agter die skildery of die inspirasie daaragter is, Edvard en 2 vriende het gaan stap en op ’n oomblik het daar van albei kante af hierdie oor verdowende geluide van pyn en seer gekom geluide van histerie en angs en dit was so hart en intens vol van emosie dat Edvard dit nie kon hou nie en hy sy ore moes toe druk om te probeer oorleef in daai geluide en te probeer om die geluide uit te blok. Aan die een kant van die straat was ’n psigiatriese hospitaal waar sy eie sussie ’n pasiënt was en aan die ander kant ’n entjie weg was ’n abattoir.

Nou ons kan kyk en baie krities wees oor die skildery maar soms in ons lewens gebeur die lewe en raak dinge donker. Soms gebeur daar goed en jy voel ek wil nie meer van die goed in my lewe hê nie. Ek wil hê dit moet end kry.

Nou Angs kom na ons toe in verkillende vorme. Slegte nuus óp ongeleë tyd. Al ooit agtergekom dat dat slegte goed of nuus nooit op goeie tyd kom nie.

Verhoudings wat gebroke is, of finasiele druk, oorvol skedule, ons kinders of vir die jonger generasie ons ouers, die skool en verwagtinge, politiek en realiteit van ’n stukkende wêreld wat ons inleef.

En dan as ons dit hoor verstaan ons hoekom Jesus kom en sê dat Hy vrede laat ek vir julle. Ons wêreld is honger na vrede en vriende as ons eerlik is ons is honger na vrede.

Wat maak jou intens beangs?

En wat is die angs besig om te doen aan my en jou lewens, ons gesinne, ons kinders en voorbeeld wat ons stel, ons gesondheid, ons verhouding met God, onsself en mekaar, die keuses wat ons maak, ons drome en waagmoed.

Gelukkig is angs nie vreemd vir die Bybel nie. Die Bybel ken angs. Lees Psalms daar is so plekke wat oor angs gepraat word.

Hoor wat skryf die Psalmdigter:

Psalm 55:2-6

2 Luister na my gebed, o God. Moenie my smeekbede ignoreer nie! 3 Luister, asseblief, en antwoord my, want my moeilikhede gee my nie rus nie. Ek is ontsteld 4 oor die dreiging van my vyande, oor die druk van die goddeloses. Hulle bring ellende oor my, en kweek vyandskap in hulle toorn. 5 My hart pyn binne-in my. Die angs van die dood kom oor my. 6Vrees en bewing oorweldig my. Ek kan nie ophou bewe nie.

Paulus kom in 1 Kor. 2:3 Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering.

Die ou wat die meeste van die Nuwe Testament geskryf het die grootste werk gedoen het om die kerk en die goeie boodskap te verkondig en te vestig. Swakheid en angs geken.

Selfs Jesus in die tuin net voor Hy uitgelewer gaan word en die ergste week gaan plaasvind van sy lewe lees ons Jesus kom en daar is hierdie pause oomblik. Johan Smit sê dit so mooi hy sê Jesus se hele lewe en bediening sien ons Hy is gefokus en weet wat om te doen en doen dit sonder huiwer behalwe in die tuin is daar hierdie pause oomblik hierdie huiwering.

Markus14:33-36

Daarop neem Hy Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom. Toe pak ’n geweldige ontsteltenis en benoudheid Hom 34en Hy sê vir hulle: “Ek is benoud tot sterwens toe! Bly hier en waak!” 35Hy het toe ’n entjie verder gegaan en op die grond neergeval en gebid dat, as dit moontlik was, die verskriklike uur wat aan die kom was, by Hom sou verbygaan. 36“Abba”– dit beteken Vader – het Hy gebid, “vir U is alles moontlik. Neem tog hierdie beker van lyding van My weg. Maar doen nogtans nie wat Ék wil nie, maar wat Ú wil.”

Nou hoe hanteer ek en jy angs? hoe kan ons vrees hanteer? Want deur net te sê ek gaan nie meer bang wees nie ek gaan nie angs he nie werk nie en ek weet want ek het al probeer.

Gelukkig kry ons hierdie great praktiese voorbeeld in Filippense 4: 6-9 en dis ook ons vers vir die week. En Paulus kom en nooi ons om te move. Ons moet move van angs na vrede.

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

In hierdie verse kry ons ’n paar idees oor hoe ons kan werk met angs of besorgdheid. Ek wil graag 2 gedagtes by julle los.

  1. Ons moet luister na ons besorgdhede of angstigheid.

Nou kom ons wees eerlik nie alle besorgdhede is verkeerd nie nè. Hulle sê jy kry gesonde besorgdhede en ongesonde.

Paulus is besorg oor die gemeentes. Dis gesond. Dis eksamen tyd en dis belangrik om besorg te wees want dit help ons om te swot vir die eksamen anders sal ons dit nie maak nie. Daai deadline by die werk. Keer jou om stupid besluite te maak en help jou om te leer vanuit die verlede.

Die natuur is daar in diere ’n redelike rol van besorgdheid. Die dassies by Mosselbaai punt hulle kyk baie keer op nie af nie, want hulle wil seker maak iets gaan hulle nie kom vang nie.

’n Bok gaan nie ’n groep leeu wyfies sien en dink ag ek gaan nie meer besorg wees nie ek gaan nie worry nie, daar is lekker grassies by hulle en gaan tussen hulle eet want dit gaan daai baok se 2de laaste gedagte wees sy laaste een gaan wees oeps.

Wanneer ek en jy luister na ons besorgdheid dan kan ek en jy sif tussen goeie besorgdheid en slegte of ongesonde besorgdheid.

Paulus praat hier en sê die teenoorgestelde van vrede is besorgdheid maar die ongesonde soort.

So vrede is by ons as die besorgdheid afwesig is maar ook as daar iets anders teenwoordig is.

En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Vrede is in die teenwoordigheid van God self.

Meeste selfhelp boeke praat oor as jy angs wil oorkom hou op dink aan dinge wat bekommer. Meeste van die goed gaan anyway nie gebeur nie, maar Bybel sê daar is ’n teenmiddel vir die siekte van angs en bekommernis wat nog groter is as dit.

“Vrede is nie die afwesigheid van probleme nie, maar die teenwoordigheid van Christus”

Die teenwoordigheid van God self.”

Christen vrede is nie negatiewe denke te onderdruk nie.  Jy kry Gees van God in jou lewe wat jou deur daardie dinge help.

Ons almal het al gesien hoe iemand gruwelikste dinge deurmaak en vrede daarin het – wonder jy hoe? Hoe voel beskerm, wete alles gaan reg wees.

Illustasie: soos rots branders spoel oor rots. Branders trek terug en rots bly daar. Ons is soos rots wat bly staan ten spyte van die lewe se branders.

  1. Hoe word my hart en denke vrugbare grond waarin vrede kan groei? Hoe maak ek die move?

Die gedeelte praat van 2 aksies.

Gebed en danksegging: maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. Iemand het eenkeer gesê if you want energy be thankful because thankfulness produces energy, ungratefulness saps energy.

Vriende ons kom gereeld na God toe om hom te vra vir goed en te kla by hom en dis fine maar Paulus kom en sê ons moet ook dankbaar wees in daai oomblik. Wees dankbaar dat God saam met jou is in daai oomblik, wees dankbaar dat Hy verstaan en dat hy jou ook deur sal bring. Ons sien die psalms deur hoe die skrywers kom en dood eerlik is met waar hulle is in hulle realiteit en hoe hulle voel, maar dan kom hulle en verklaar wat hulle glo of wat hulle weet en wat hulle voor dankbaar is.

En dan ons denke: Vriende hoeveel van julle kan vanoggend relate met wat ek nou gaan sê. Die storie wat ek in my kop my vertel van ‘n situasie of van wat mense van my dink saam met wie ek werk of vir wie ek werk of saam met wie ek die lewe doen is meeste van die tyd baie ver van realiteit. Ek hoor ‘n stukkie waarheid en dan begin ek hardloop en dink en bepeins dit en top oor dit. Ek berei my self voor vir al die verskillende scenarios. Die probleem is reageer baie keer van uit daai storie wat ek my self vertel en nie van uit realiteit nie. Ek raak angstig en negatief oor die lewe baie keer a.g.v. my weergawe van die storie. Ek raak kwaad en teleurgesteld in God en mense a.g.v. van my stories in my kop, ek maak verkeerde besluite a.g.v. my stories in my kop.

Ek dink baie keer die vyand kom en los net so halwe storie in ons gedagtes en dan loop hy want hy weet ek en jy sal sy werk vir hom doen in ons gedagtes. Daarom kom Paulus en hy is soos:

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle, julle gedagtes rig.

Een kommentaar oor hierdie gedeelte sê dat wanneer Paulus hierdie woorde gebruik (waarop ons denke moet fokus) praat hy van leerstellings. Hy praat van dit wat ons van God weet.

Dis asof hy sê – Daar is ‘n God en hy wil saam met ons leef. MAW – Maak jouself bewus van wat jy glo.

Vriende vanoggend gaan ons nagmaal gebruik en terwyl ons vandag nagmaal gebruik wil ek jou aanmoedig om by God stil te kom sit en net vir oomblik hierdie 2 Aksies te beoefen.

Paulus herinner ons aan wat Jesus gesê het in 1 Korintiërs 11:24-26

Hy het die brood gevat en vir God daarvoor dankie gesê. Hy breek die groot stuk brood toe in kleiner stukke en deel dit uit. Terwyl Hy dit doen, sê Hy: “Dit is my liggaam wat net so gebreek word. Julle sal baie daarby baat. Elke keer as julle dit eet, moet julle dink aan wat Ek alles vir julle gedoen het.” 25Toe hulle amper klaar geëet het, vat Jesus die groot beker waarin die wyn gehou is. Toe sê Hy: “Die wyn in hierdie beker staan vir die nuwe ooreenkoms wat God met julle gemaak het omdat my bloed vir julle gevloei het. Drink die wyn en elke keer as julle dit drink, onthou dan wat Ek vir julle gedoen het.”

Vriende daar waar jy sit vanoggend praat eerlik met die Here en sê vir hom waar jy is in jou realiteit en hoe jy voel maar kom dan ook soos die Psalmdigter en wees ook dankbaar dat jy nie alleen is nie wees dankbaar in jou realiteit teen ook God dat hy daar is en verstaan en jou daardeur gaan help.

Kom ons begin ook om ons gedagte vol te maak oor wat ons glo oor hom. Die gedeelte sê onthou wat ek vir julle gedoen het, kom ons onthou vandag die kruis, kom ons onthou vandag dat hy opgestaan het en die dood oorwin het, kom ons onthou vandag dat Hy gesê het hy is by ons tot aan die einde en dat ek en jy deur genade sy kinders is, kom ons onthou vandag dat ons kan MOVE van stukkend na heel, van oor geskeduleerd na geskeduleerd, van oorweldig na in beheer, van alleen na connected, van verdwaal na gevind en so kan ons ook vandag beweeg deur sy krag van angstig na vrede.

Hou julle sap en broodjie en dan gaan ons as gemeente dit saam gebruik maar gebruik nou die tyd en connect met God.

MOVE – Week 2: Van Oorgeskeduleer na Georganiseer

[powerpress]

Vriende ons is besig met ons reeks Move en ons is in ons 2de week van move. Ek hoop jy het jou boekie hier want in jou boekie is daar plek om preek notas te maak as jy nog nie boekie het nie asb. steek jou hand op dat jy saam op hierdie reis kan gaan.

Wie van julle hier is so besig jy wens jy kon jou self kloon. ’n minnie me create. Ek dink Chantal sou in die pad afhardloop as ek my self moes kloon een van my is genoeg. Huh Anna dan sou Dinsdae meeting fun gewees het.

Julle sien ons lewe in ’n tyd waar die buzz word, is besig. Jy hoor dit oor al. As jy mense vra hoe was jou dag besig, rof, mal. Dis amper asof ons dink ons gaan soos op skool balkies kry vir hoe besig ons was asof dit ’n prestasie is.

En wanneer ek met mense praat dan klink dit altyd vir my asof hulle een oggend net opgestaan het en toe was dit so. Dis amper asof ons dink ons het nie beheer daaroor nie asof ons nie ’n keuse gehad het nie.

Die realiteit vriende is dat ons het keuse of is tog die eienaars van ons eie skedule. Ja, jy het dalk ’n werk wat groot deel van jou skedule vol maak, maar jou skedule bestaan uit meer as net daai 8 ure nie waar nie? En jy besluit waarmee jy dit vol maak, nog werk, of t.v of facebook en youtube en nog funny clips.

Braam het verlede week gepraat oor die abnormaal wat ons normaal geword het oortyd. Daai stukkende pot sindroom wat jy nie dadelik hanteer nie en dan later is dit maar normaal. Almal doen dit almal is oor geskeduleerd, almal is besig en moeg dis maar die tyd waar in ons leef.

Hoe maklik is ons bereid om die abnormaal te regverdig met daai stelling, maar is dit die lewe wat God ons na toe roep? Is dit die lewe waarvoor Jesus sy lewe gegee het? Is dit die lewe wat God vir my en jou en ons kinders wil hê? Is dit God se plan vir jou lewe, om heeltyd besig te wees en te werk dat jy die dinge en veral die mense in jou lewe wat belangriker is as geld of status of power afskeep.

Op kantoor die week toe ons die diens beplan het ons gesels oor hoekom ons ons lewens so besig maak en baie van ons maak dit vol want ons voel waardevol as ek kan sê ek is so besig, nou-nou dink mense ek is lui of as ek so besig is, gaan mense my raaksien en admire en baie keer is dit die onderliggende rede maar ek sê ek het nie ’n keuse nie ek moet by alles uitkom as jy dit nie doen nie wie gaan. Nog ’n rede is baie keer hardloop ons weg, as ek so besig is dan hoef ek nie sekere goed te face in my lewe nie, dan hoe ek nie te deel met seer of pyn of konflik nie.   En albei hierdie goed gaan terug na laasweek se gebrokenheid toe as ek nie move vanuit stukkend na heel nie en toe laat dat God my gesond maak nie, gaan ek aanhou om myself te oor skeduleer.  Daarom moet ek God vertrou en vra om my te help gesond word en heel te maak.

God self kom en wys ons hoe ’n gesonde lewens ritme is. God het nie nodig gehad om te rus op die 7de dag nie. Hy was nie moeg en het gevoel sjoe nou moet ek bietjie middagslapie inwerk ek is bietjie moeg nie. Nee Hy bou dit in vir my en jou voordeel. Dis hoe lief God vir ons is. Hy bou ’n dag van rus in. Hy is soos werk 6 dae maar julle moet rus. Jesus het sy hele bediening op aarde hierdie ritme gehad tussen werk of bediening en rus.

In Eksodus 18: 13 Die volgende dag moes Moses weer as regter vir die volk optree. Hulle het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tougestaan. 14 Toe Moses se skoonpa sien hoe Moses met die volk werk, vra hy vir hom: “Hoekom doen jy alles self? Die mense staan die ganse dag vir jou en wag!”

15Moses het sy skoonpa geantwoord: “Die volk kom na my toe om te hoor wat die Here sê. 16As daar ’n geskil is tussen twee partye, gee ek uitspraak. Ek sê vir die volk wat God besluit het en wat God wil hê.”

Hoor wat hy sê in vanaf vers 17 Sy skoonpa sê toe vir Moses: “Jy hanteer die saak nie reg nie. 18 Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie. 19 Luister nou na my raad. Mag God jou help om die volk by Hom te verteenwoordig. Jy moet voortgaan om hulle probleme na Hom toe te bring vir uitsluitsel. 20 Jy moet voortgaan om hulle in te lig oor God se wette en sy voorskrifte. Leer hulle hoe hulle moet lewe en wat hulle moet doen. 21 Maar jy moet ook uit die volk bekwame en eerlike manne kry wat vir die Here wil werk en nie omkoopgeld sal aanvaar nie. Jy moet hulle aanstel om regters te wees oor groepe van onderskeidelik 1 000, 100, 50 en tien mense.

Jetro kom en gee sy Skoonseun raad en waarsku hom. Nou ek weet nie of julle, julle self in Moses sien nie. Moses kom en verdedig wat hy doen, hy justify wat hy doen en hy doen iets great maar is dit wat God vir hom droom is dit wat God hom voor geroep het. Onthou praat is nie Moses se sterk punt nie die man hakkel so alles vat langer om te sê. Onthou Moses het dit gesê as een van die verskoning toe God hom die Job offer. Jetro weet die nie God se plan en droom vir Moses se bestaan en lewe nie.

Nou Moses kon luister en soos baie van ons maak nè en sê sjoe pa jy is reg of yes Doc jy is reg of buddy jy is reg of Here ek weet U is reg ek moet iets doen ek weet ek kan nie so aangaan nie, weg gestap het en net weer so aangegaan het soos ons maak of ek en jy kan doen wat Moses gedoen het en begin luister en intensioneel begin move en optree en iets doen oor ons oor geskeduleerdheid.

Ons lewe word so oorheers deur die horlosie dat ek en jy soms vergeet waarheen ons op pad is. As ek jou nou moet vra waarheen is jy op pad met jou lewe? Ja, jy weet na wat se volgende afspraak, of deal, of krisis jy op pad is en na watse promosie of nuwe titel of straat adres jy op pad is, maar waarheen is jy met jou lewe op pad? met jou gesin op pad?

Of dalk moet die vraag eerder wees wie is jy besig om te word? En ek praat nie van jou beroep nie, ek praat nie van jou job description nie of wat jy moet doen nie ek praat van watse tiepe mens is jy besig om te word.

Jou week program is een van die grootste faktore wat gaan bepaal wie jy besig is om te word. Dit wat jy jouself elke dag mee besig hou en hoe, waar en met wie jy jou tyd bestee kan nie anders as om ’n effek te he op wie jy besig is om te word nie.

Paulus kom en in Efesiërs 5:15-16: “Wees baie versigtig hoe julle lewe: Nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd.

Wat se die vers vir ons wees versigtig hoe julle lewe, wat julle, julle lewe mee vol maak julle mee besig hou. Nie soos onverstandige maar soos verstandiges. Hoeveel van julle is onverstandige mense? Hoeveel van julle is verstandige? Die ou testament praat van dwaas en wys. Dalk met ek vra wie is dwase hier van oggend of wie is wys. Julle sien as jy weet wat reg is en jy dit nie doen nie sê die bybel dan is jy ‘n dwaas. Hoeveel van ons weet ons is te besig ons is oorgeskeduleerd maar ons hou net aan. Ons maak verskoning en justify hoekom dit so is of ons glo dis normaal dis maar hoe dit moet wees want die abnormaal het jou normaal geword.

Ons sal selfs die vers gebruik en sê maar die bybel sê maak die beste gebruik van elke geleentheid? Daarom is dit belangrik dat ek en jy moet weet wie wil ons word wie roep God ons om te word en wees.

Dis sodra ons dit weet dat ons sal weet of dit ‘n geleentheid of ‘n versoeking is. As die duiwel jou nie kan laat sondig nie sal hy jou so besig maak dat jy jou siel nog steeds verloor omdat jy nie kans kry om na dit om te sien nie. Want ons het nooit tyd vir Sabat nie. Nooit tyd vir ons kinders of man of vrou nie.

Markus 8:36 Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade?

In Spreuke 4:25 (NAV) lees ons hierdie wysheid: “Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit.  Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.”

As ek en jy weet wie ons wil word dan kom Spreuke en sê ons moet dit af baken ons moet besluit hoe ons daar gaan uit kom en dit begin doen. Ek en jy moet ophou kyk na die horlosie wat ons lewe bepaal en begin om te kyk na die kompas.

Die vraag wat die kompas ons vra is nie wat wil jy die week of maand gedoen kry nie maar waarheen is jy op pad, wie wil jy word die volgende seisoen van jou lewe. Begin vandag om die besluit te neem en herskryf jou week skedule en begin dit toe pas sodat jy kan word wie jy wil wees by die werk, by die huis, by die kerk en waar jy beweeg.

John Grisham, ‘n bekende Amerikaanse spanningverhaalskrywer was ‘n prokureur en het sy werk gehaat. Hy wou ‘n skrywer word, maar het nie geweet waar om te begin en hoe hy die oorgang sou maak nie.  -Totdat hy sy weekprogram herskryf het.  Hy het besluit om elke dag ‘n uur vroeër te gaan werk en het een woord by die eerste uur van elke dag op sy weekprogram ingevul: “Skryf”

John het besluit om een bladsy per dag te skryf –en hy het.  Vandag is hy ‘n gesogde en wêreldbekende skrywer!!

Wat is jou eenwoord wat jy moet begin in skryf op jou weekprogram? Wat jy gaan begin intensioneel aan werk.

Dalk jou verhouding met jou vrou of jou man Sit ‘n date night uit waar jy en mammie of pappie weer diep in mekaar se oe kyk soos jong verliefdes.

Dalk jou kinders. Dat jy meer aande vroeg genoeg by huis is om saam met hulle te speel en te gesels en in hulle lewe te belê.

Dalk jou gesondheid of tyd vir rus. Dalk tyd om bietjie weer aktief te raak fikser te raak sodat jy gelukkiger en gesonder kan leef. Rus gaan slaap vroer koop tyd uit waar jy kan reflekteer oor jou lewe en waardes en wie jy wil word en geniet die lewe.

Verhouding met God. Wil jy nader aan God move plaas hom op jou week program daagliks. Ons voel baie keer skuldig want ons kan nie ure vir God gee nie so wat doen ons ons gee hom nie eers ‘n minuut nie. Koop 15 min uit in jou week program en oor tyd gaan jy sien hoe jy dieper in verhouding groei en dalk raak 15 min 20 en so groei dit. Die Move dagstukkies begin met dit maak nou die commitment om elke dag te lees en stil te word dit vat so 15min en werk van daar af.

Vriende kom ons begin om te move van oorgeskeduleerd na georganiseerd. Kom ons gaan die week en koop tyd uit en vra jou self af wie wil ek word en begin om seker te maak dat jou week program reflekteer wie jy wil word.

Die Heilige Gees – Deel 3 Name van die Heilige Gees

[powerpress]

Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier en te leer.

In die Ou testament was name baie baie belangrik en jou naam het baie gesê van wie jy is of wat jou ma-hulle vir jou gedroom het. As ons kyk na Esau dan sien ons hy was baie harig so sy ouers noem hom Esau wat beteken harige een.

Jakob beteken die een wat die hakskeen vashou want dis wat hy gedoen het toe hy gebore is maar sy naam beteken ook bedrieër. En dis ook wat hy gedoen het op ’n dag het hy sy broer bedrieg en ook later sy blinde pa. So jou naam het baie keer gesê wie jy gaan word of is. Nou later na dat Jakob met die engel geworstel het in Gen. 35 dan sien ons kom God en hy gee vir Jakob ’n nuwe naam Israel God spreek nuwe droom oor sy lewe uit nuwe profesie oor wie hy gaan word en wees.

Jabes in die Bybel se naam beteken pyn en daarom sien ons in 1 Kron. 4:10 kom Jabes en hy bid dat God die betekenis van sy naam verander.

Ek onthou hoe toe ek en Chantal uitgevind het dat Chantal swanger was ons ’n boek met baba name gekoop het en ons het baie vinnig ’n dogtertjie naam gehad Charné wat beteken Beautiful smart en funny. Dis wat ons vir ons dogter wou he as dit ’n dogtertjie was, as dit seun is was bietjie moeiliker.

En een dat toe ons Bokke teen All Blacks kyk en Os Durandt vir Dan Carter vir ’n 2 of 3de keer collect staan ek op en sê my seuntjie se naam gaan Os wees. Gelukkig is my skoonma ’n baie skerp vrou en dadelik sê sy wat van Durandt eerder. Durandt Rootman dit kink mooi (wel enige iets klink mooier as Os Rootman) dink ek toe. Ek en Tel is huis toe en gaan kyk toe wat beteken Durandt. Dit beteken Strong stable and enduring en ons sê toe dis wat ons vir ons seuntjie toe wens dat hy daai persoon sal word en wees.

Name in Bybel se tyd het baie gesê en daarom sien ons ook dat in die Bybel het God die Vader verskillende name vir verskillende tye. Daar is God, Ek is, Yahweh Hy wat ver altyd bestaan, Yahweh-Jireh God wat voor sien, Adonai God oor alles, El-Shaddai God almagtig.

Daar is nog baie maar julle kry die idee hang af wat die volk of iemand nodig gehad het God was dit vir hulle. Almagtig of voorsiener of beskermer.

As ons na Jesus kyk dan sien ons Jesus het verskillende name gehad. Jesus wat beteken God is redding, Christus of die Christus wat beteken Anointed of Messiahs in Hebreërs, of die Seun van God, die seun van die mens, Rabbi, Emmanuel God met ons, Redder, lam van God

En nog baie meer en weereens as ons al die name kyk dan sien ons en leer ons meer oor die karakter van Jesus en wie hy is en was.

Nou net so is daar tenminste 25 verskillende name vir die Heilige gees en weereens as ons na die name van die Gees kyk dan sien ons wie die Heilige gees is en hoekom hy gestuur is en wat sy doel is in die Drie-eenheid.

Ons gaan nie na al 25 kyk vanoggend nie, maar ek wil graag na ’n paar kyk wat vir my mooi verduidelik wie die heilige gees is.

Die algemeenste naam wat die Heilige gees as bekend staan in die Bybel is as Gees. Hierdie is ook die basis vanaf wat baie van die ander name en karakter eienskappe vandaan kom. Ons sien in Grieks en Hebreërs dat die gees as asem of as wind beskryf word.

Johannes 20:22 Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees!

In Genesis sien ons dat God die man skape en dan asem deur sy neus ingeblaas dat hy lewe gekry het. Elke keer as ek en jy asemhaal is ons besig om te getuig dat God binne-in ons is. Dis God wat ons aan die lewe hou.

Wat is die eerste ding wat hulle doen as baba gebore is hulle maak seker dat die baba huil want dit beteken die baba haal asem en lewe.

Is dit nie ongelooflik om te dink dat elke keer wat ek en jy asemhaal dit ’n getuienis is van God se voorsiening en lewegewende krag nie.

Die gedagte dat die Gees ook wind is sien ons in Johannes 3:6-8 6Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. 8Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

Die woord wat vertaal word as gees en as wind later in Grieks is dieselfde woord. SO die gedeelte kon net so maklik gelees het wat uit mens gebore is, is mens en wat uit die wind gebore is, is wind. Of die gees waai waar hy wil.

Een van die groot eienskappe van die wind is dat mens nie die wind kan regeer nie, jy kan nie die wind opdragte gee en verander nie. Maak nie saak hoe hard jy vra skree smeek nie as die wind oos waai en jy wil dit wes he gaan nie gebeur nie.

My skoonpa hulle het baie karavaan gekamp en een van die eerste goed wat hy altyd gedoen het as hy by nuwe dorp stop is om na die bome te kyk want die bome vertel hom vanwaar die wind baie keer waai en so het hy geweet hoe om hy die karavaan wil trek om die wind te keer.

Ons kan nie die wind beheer of verander nie, maar soos my skoonpa kan ons leer hoe die wind waai en ons kan dan die informasie gebruik tot ons voordeel. Boere bou windpompe en gebruik die wind om hulle mielies te maal of water te pomp. Mense leer hoe die wind by J-bay waai en bou ’n wind plaas om krag op te wek.

Net so kan ek en jy leer hoe die Gees werk en waar die gees besig is om te werk en God se koninkryk te versprei en uit te bou en so kan ek en jy seker maak dat ons harmonie met die gees leef en werk sodat Hy deur ons kan werk en God se koninkryk uitbou. En so vind ons doel en leer ons Jesus beter ken en groei ons geestelik.

Dan die naam wat ons die beste ken die Heilige Gees.

Die beste gedeelte wat dit beskryf is Lukas11:13 As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee — die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”

Voor die vers praat Jesus dat aardse pa’s sal nie vir hulle kinder klippe gee as hulle vir brood vra nie en slang as hulle vir vis vra nie.

Wat dan baie belangrik is, is dat Jesus kom en hy is soos die Vader in die Hemel sal vir ons baie meer goeie goed gee die Heilige gees. Die heilige gees is ’n goeie geskenk. Ek wonder of ons die beskrywing werklik raaksien en verstaan. Heilige Gees nie goeie gees nie of ontsagwekkend gees nie, nie cool gees nie, nee Heilige gees. Die Gees is Heilig in hom self. EN baie keer nooi ons die Heilige gees in ons lewens in of ons kerke, maar wat vind hy daar.

En verstaan baie mooi ek probeer nie sê dat ek en jy alles uit gesort moet he voor ons die Heilige Gees innooi nie, maar vriende ons moet darem probeer om ons deel te doen. Ons moet darem probeer beter leef, Heilig leef. Ons kan nie net terugsit en die heilige gees nooi en verwag hy moet alles verander en jy doen niks nie. Ek en jy het rol om te speel.

Dan leer ons ook die Gees staan ook bekend as die Gees van oordeel.

Johannes 16:7-8 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;

8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:

Die heilige gees kom om my en jou te oortuig van sonde in ons lewens, sodat ek en jy kan deel met daai sonde sodat ons meer soos Jesus kan wees, maar ook sodat ons gesonder mense kan word en lewe en lewe in oorvloed kan beleef.

Die gees is ook die trooster of Raadgewer.

Johannes 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Ander vertaling verwys na die Heilige gees as raadgewer.

Ek dink die belangrike ding is om te besef dat die Heilige gees is gestuur om ons by te staan. Ons hoef nie die lewe alleen te den nie ons het ’n helper raadgewer en trooster.

Jesus kom en vertel sy dissipels hier alles gaan verander en ek gaan nie meer daar wees om julle trooster en raadgewer te wees nie, maar moet nie die Vader sal iemand stuur wat julle nooi weer sal verlaat nie en by julle sal wees sodat julle nie die lewe alleen hoef te doen.

Vriende waar is jy vandag?

Dalk het jy nodig dat om net te besef of jy glo vandag of nog alles uit check die feit dat jy asemhaal is ’n getuienis dat God jou net so lief het en dat sy lewendmakende asem in jou ook leef.

Dalk het jy nodig om te besef die Gees is nie hier sodat ek great kan wees nie of dat ek die gees kan beheer nie, die gees werk en dalk moet jy in lyn kom met wat die Gees doen sodat die Gees deur jou God kan verheerlik en God se koninkryk op aarde kan bevorder.

Dalk is die gees besig om jou bewus te maak van iets in jou lewe wat nie reg is nie en hy is besig om jou te waarsku dat dit wat jy besig is om te doen, lei na die dood toe en dat jy moet ophou daarvoor te laat is. Vanoggend is jou kans om te bely en om te draai weg van daai sonde.

Dalk het jy net nodig om te weet jy is nie alleen nie, jy hoef nie die lewe alleen te face nie, al wat jy moet doen, is nooi die gees in jou situasie in en doen die volgende regte ding gee die volgende regte tree.

Kom ons raak stil vir ’n oomblik

Kom ons bid saam.

40 Dae reis op pad na Paas – Palm Sondag

Goeie môre vriende of sal ek eerder sê familie.

Ons is besig in ons 40 Dae reis na Paas en vandag is begin die laaste week. In die christelike kalender staan die week ook bekend as die heilige week. Die laaste week voor Jesus se Kruisiging Vrydag maar dan ook soos ons glo en die Bybel ons leer dat Hy ook weer Sondag opgestaan het en die dood oorwin het.

Vinnige ad break as ek mag: Die week hier in die saal het ons elke jaar Kruis stasies, as jy nog nooit dit bygewoon het nie wil ek jou met alles in my uitnooi moet dit nie mis nie dis werklik ’n lewens veranderende belewenis. Dis iets wat jy op jou eie pas doen en dis ’n afspraak tussen jou en God. Alles wat ons gedoen en gelees het loop op na die week toe en vind vervulling Sondag.

Nou in die Joodse tradisies het hulle baie verskillende feeste gehad vir verskillende redes en dit help hulle om nie te vergeet wat God vir hulle gedoen het en doen nie. En een van daai feeste is die Festival of Passover of soos ons dit ken Paasfees.

Dis die fees om te onthou hoe God hulle vrygemaak het uit Egipte en hoe die doodsengel hulle eersgebore Linge gespaar het deur verby te gaan by die deure wat gemerk is met die bloed van ’n lam.

Hulle beweer dat daar omtrent 2.5 Mil mense in Jerusalem was die tyd omdat daar ook ’n sensus opname gedoen is en Jode van oor die land het na die Tempel toe gekom om die fees by te woon.

Nou in die tyd was sekuriteit ook baie groter en wat van die slim mense sê is dat die Gouverneur van daai tyd Pontius Pilatus het dan op sy Perd wat in die ooste gesien is as oorlog onderdrukking van die weste af met baie soldate met groot oorlog wapens ingery gekom van die weste om vir die wat onderdruk word te wys dat hulle moet pasop ons is sterker en beter as julle. Die Romeine het dit ook gewoonlik gedoen na hulle oorlog gemaak het en gewen het dan sou hulle deur die strate gery het met al die mense wat gevang is en al die spoils wat hulle gevat het.

Maar aan die ander kant van die stad aan die Olyfberg se kant was daar ook iets aan die gang. Jesus is op pad en hy ry op ’n eselsvul. Jesus kom om sy Koningskap aan te kondig

Nou vandag staan bekend as Palm Sondag. Nou hoekom het die mense so begin skree en sing want hulle het geweet wat die profesie wat Sagaria in Sagaria 9:9 gemaak het, is besig om waar te word. Hoor wat staan daar?

Sagaria 9:9 Wees baie bly, dogter van Sion! Juig hardop, dogter van Jerusalem! Kyk, jou koning kom na jou toe. Hy is regverdig en ’n oorwinnaar, maar tog is hy nederig. Hy ry op ’n donkie, die vul van ’n donkie.

Elke jaar het hulle gehoop is dit die jaar wat ons verlos gaan word. Is dit die jaar wat ons soos ons voor vaders onder Egiptiese onder drukking verlos was, is dit die jaar wat ons verlos gaan word van die Romeinse onder drukking.

En hier kom Jesus Jerusalem ingery en die profesie wat elke jaar deur vertel is vir mekaar generasie na generasie is besig om waar te word. En die mense is opgewonde en is besig om te skree Hosanna in die hoogste.

Julle sien hulle is besig om Psalm 118:

25Here, red ons tog, Here, gee ons tog voorspoed. 26Geseënd is die een wat kom in die Naam van die Here. Ons seën julle uit die tempel van die Here.

Wanneer die mense skree Hosanna in die hoogste is hulle nie besig om Jesus te prys so seer soos dat hulle roep na hom om hulle te red en vry te maak nie.

Julle sien die mense is opgewonde want hier is hoop, hierdie is waarvoor hulle gewag het die koning wat ons gaan kom red, die koning messias wat ons gaan kom vrymaak. Wat ons gaan kom vrymaak van onderdrukking, van mense wat oor hulle heers, vrymaak van hulle omstandighede, vrymaak van hulle ekonomiese probleme, vrymaak van hulle gevangenis of onderdrukking. Hier kom hulle eie koning en hulle gaan weer vry wees en hulle self regeer.

Maar die probleem is Jesus kom nie ingery op ’n perd nie, Nee ’n donkie vul. In die ooste is donkies gesien as vrede jy bring vrede. Julle sien Jesus kom ingery nie op ’n Wit perd wat oorlog verklaar nie, nie met mense met groot oorlog wapens nie nee die mense wat saam met hom daar instap stap in met Palm takke wat hulle op die grond neergooi saam met hulle klere as teken dat die koning die messias is hier.

Hoekom is dit ’n probleem? Want Jesus het gekom en in sy intog is Hy besig om sy Koningskap Sy tyd aan te kondig, maar hy het nie gekom om hulle te red van die Romeine nie, Nee hy het gekom om hulle te red van hulle sonde. Hy het gekom om die laaste offer te wees sodat die prys betaal is sodat elkeen se saak reg is met God. Sodat almal in ’n lewende verhouding met God kan staan.

Daar word baie keer gesê dat dieselfde mense wat Jesus geloof het op palm Sondag dieselfde mense is wat Vrydag gaan skree kruisig hom, maar daar word gesê dat dit nie heel te mal waar is nie. In Markus sien ons daar is 2 groepe mense die wat voor loop of staan die mense in Jerusalem wat skree Hosanna hulle verwagting is dat Jesus hulle moet red.

Maar die groep agter is besig om Jesus te prys dat hy die seun van David is dis mense soos Lasarus wat paar dae daarvoor uit die dood opgewek is, dis Lasarus se vriende Maria en Magdelena sy sussies, dis die blinde bartlomeus wie Jesus dae daarvoor geneus het. Hulle is kla gered hulle glo kla.

En dan is die terleurstelling so groot wanneer die eerste groep besef Jesus is nie daar om hulle verwagting te vol doen nie, is nie daar om hulle te red van Romeine nie dat hulle daai Vrydag dan teen hom draai en skree kruisig hom.

Vriende, wat maak Palm Sondag so belangrik vir ons? Want dit bring my en jou vanoggend voor die vraag. Wat is jou verwagting vanoggend? Wanneer ons roep Hosanna in die hoogste. Wat is jou verwagting? Wat is jou verwagting van die 40 dae Paas belewenis gewees of van die Heilige week wat voorlê? Wat is jou verwagting van die Messias die Seun van God?

En dalk was jou verwagting net dat Hy jou moet red uit jou finansiële probleem, of dat hy jou huwelik moet red of jou uit siekte moet red? Uit jou werksomstandighede moet red?

En dalk het hy nie en het jy jou rug op hom gedraai of op jou eie manier geskree kruisig hom, dalk het jy ophou glo dat Hy werklik is of vir lief is. Dalk wil jy begin twyfel.

Vriende dalk jare terug het jy Hosanna in die hoogste gesê omdat jy soos die volk wou hê dat God jou red uit ’n situasie uit, vanoggend wil ek jou nooi wil jy nie vanoggend sê Hosanna in die hoogste Here red my van my sonde en red my van my sondige natuur. Here leer my om U te volg leer my om U koning van my lewe te maak en om alles oor te gee.

Hy het gekom en sy lewe kom gee sodat die prys betaal. Daar is niks maar niks wat jy gedoen of kan den wat jou kan skei van God se liefde nie. Jesus het gekom om ons grootste behoefte of begeerte te vervul en dit is om gered te word nie van buite omstandighede nie, maar van Sonde wat ons skei van God se teenwoordigheid.

Vriende vanoggend wil ek jou nooi as jy voel dis jy. Ek is besig om met jou te praat vanoggend. As jy voel jy wil vanoggend weer opreg net sê Hosanna here red my van my Sonde of jy het net nodig dat iemand saam met jou moet bid wil ek jou nooi kom sit hiervoor. Daar is mense wat graag saam met jou wil bid vanoggend.

Vir die res van julle wat nie nou daar is nie wil ek nooi om lekker koffie daar agter te gaan drink maar kom ons respekteer die wat wel gebed wil he en kom ons stap saggies uit en gaan kuier eers daar buite en kom ons hou die atmosfeer.  Baie dankie.

40 Dae reis na Paas – Luister

[powerpress]

Nou vandag gaan ons gesels oor iets wat ons eintlik elke dag moet doen maar nie regkry nie. En dit voel vir my of sal ek sê vir vroue en ouers dat dit al minder en minder gebeur.

O, ja aan al die vroue gelukkige Valentynsdag en mag die dag vol van liefde en baie special moments wees.

Wat is dit wat ek van praat. Dis Luister. Wat is die ding wat my vroutjie gereeld vir my sê jy luister ook nie as ek met jou praat nie. Wat sê ons gereeld vir ons kinders luister tog net vir ’n slag. As hulle seerkry dan soos goeie ouers sal ons sê Ja, sien jy dis omdat jy nie luister nie.

Jy het nie ore nie het die ou mense altyd gesê, wat het hulle eintlik gesê jy wil nie luister nie.

Ok jammer as daar dalk jong ouers is wat ook daai sê ding gebruik, nie bedoel om te sê julle is oud nie, maar die cat is out of the bag julle is besig om oud te raak en jy is maar baie soos jou ma-hulle as wat jy wil erken. So jammer daaroor.

Baie keer sal ons ook uit besorgdheid sê of skinder hang af hoe jy daarna kyk hoekom luister hulle nie, ons het hulle gewaarsku.

Die tema van luister is ook die Bybel vol. Hoor wat staan in Jes. 55:2-3 NLV

Hoekom spandeer julle, julle geld op dit wat nie brood is nie? Hoekom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister mooi na My, dan sal julle eet wat goed is, en versadig kan word met die beste wat te kry is! 3 Luister tog, kom na My toe. Luister na My dat julle kan lewe.

Luister tog jy kan amper God hoor sug van Ai tog luister net dis asof God hier kom hy die volk se gesig wil vasgryp tussen sy hand en sê luister tog net. Dis asof hy hulle smeek en is soos Luister tog net ek het die antwoord kom na my toe.

En ek gaan eerlik wees baie keer hoor ek mense sê ek Steve ek wil net die wil van die Here doen, of hoe weet ek dat dit is wat ek moet doen dis wat die Here wil hê. Die Here praat nie met my nie. Ek hoor hom nie.

En vanoggend wil ek sê dat ek glo dit nie vir een oomblik nie, ek dink nee ek weet die Here praat elke dag met ons maar ons, ons is soos Samuel ons erken nie Sy stem nie.

Julle kan die storie gaan lees in 1 Samuel 3. Maar wat gebeur is Samuel is in die temple saam met Eli die priester en Samuel is die apprentice. Een aand hoor Samuel sy naam word geroep hy spring op en hardloop na Eli, Eli is soos nee dis nie ek nie seker die wind gaan slaap. Weer hoor hy Samuel, Samuel weer op Eli nee weer nie ek nie gaan doedoe. 3de keer Samuel, Samuel hy weer Eli toe Eli besef dis God en sê volgende keer sê spreuk Here U dienskneg luister.

Vriende ek vermoed ons is soos Samuel die Here roep elke dag ons naam. Die Here praat elke dag met ons maar ons herken dit nie. Daar kan baie redes wees ons het dalk ’n voor op gestelde idee hoe dit sal klink of sal wees as God praat.

Maar ek glo elke dag praat die Here met ons, daai ongeregtigheid wat jou bloed laat kook en jy so sterk oor voel dat iemand iets moet doen, dalk is dit die Here wat jou roep om iets groot vir sy koninkryk te doen, daai enkel ma wat jy so jammer kry dalk moet jy iets begin doen vir haar, of wees kinders of arm skole wat jou hart roer en die Here roep jou en sê dis nie reg dat Kinders nie eers brood het pouses nie doen iets.

Soms is dit in die ry by pick en pay en die persoon voor jou wat selfs die stof uit sy beursie haal om te betaal en jy voel ek kan dit eintlik net betaal, dit gaan my nie armer maak nie, ek glo jy het God se stem gehoor maar dalk net nie erken nie of nie geluister nie. Daai ou bywerk wat niemand van hou nie, maar niemand het al moeite gedoen om uit te vind wie die persoon werklik is nie. En al wat jy moet doen, is oor die vertrek loop en jou hand uitsteek en sê hi ek is Steve.

Daai gedagteom vir iemand te bid of te gaan bid of ’n vers te stuur of net ’n aanmoediging boodskap te stuur. Dalk is daar iets wat jy ervaar jy moet uitsort in jou eie lewe. Ek glo in dit alles is God besig om te praat maar ons mis dit baie keer want ons het verleer om te luister.

Nou hoe kan ons weer leer om te luister.

Deur tyd te maak om te luister. Vriende dis nie rocket science. Die eerste dag stukkie van die week het ’n toepassing en dit moedig ons aan om ’n Woestyn plek te kry waar jy daagliks 10 of 15 min selfs meer kan gaan luister.

Dis belangrik om te luister as ek en jy wil weet hoe om te lewe. Die hele Johannes deur dan sê Jesus ek sê net wat ek die Vader hoor sê het en doen net wat die Vader vir my gesê het. Jesus het gereeld gaan luister tyd uitgekoop om te gaan luister.

Hoor wat staan in Joh. 5:19 Jesus het daarop reageer: “Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so.

Joh. 8: 28 Jesus het daarop vir hulle gesê: “Eers as julle My, die Seun van die Mens, verhoog het, sal julle begryp dat Ek is wat Ek is; en dat Ek uit my eie niks doen nie, maar net praat soos die Vader My onderrig het.

Vriende as ons wil leer om te luister moet ons begin tyd maak en soos Samuel sê Spreek Here u dienskneg luister.

Hoe leer ek en jy nog om te luister. Deur tyd te spandeer in God se woord.

Richard Rohr wat sê “We must approach the Scriptures with humility and patience, with our own agenda out of the way, and allow the Spirit to stir the deeper meaning for us.

Jesus in die Woestyn terwyl die Duiwel hom versoek dan kom Jesus en hy haal die woord aan om die duiwel teen te staan. Jesus se bediening en lewe is geanker in sy Vader se woord.

Vanoggend het ons ’n oomblik gehad om stil te word en te op die kaartjie te skryf wat jy ervaar God dalk vir jou wil sê. Dalk was dit gedagte dalk was dit uitnodiging om te luister na sy stem. Vriende ek wil jou aanmoedig die week wanneer jy stil raak in jou 10 of 15 min wil jy nie aanhou met die gebruik nie. Skryf in ’n joernaal stuk papier wat ervaar jy God vir jou sê deur sy Woord. Dalk is dit iets wat jy moet doen, dalk is dit iets wat jy net moet besef of weet soos dat jy Sy kind is of dat Hy lief is vir jou, of dat jy vergewe is, dalk is dit iets wat jy mee moet deel of uitsorteer.

En dan laaste hoe leer ons om te luister. Deur na mekaar te luister. Deur by mekaar te kom en elkeen van ons met mekaar deel wat God besig is om in my geestelike reis te doen en al wat die ander doen, is deur te luister. Vriende vir te lank kom ons kerk toe of gaan ons omgee groepe toe sodat iemand vir my kan die antwoord gee. Ek deel iets en iemand gee my die antwoord of wat hulle ervaar het God vir hulle geantwoord het.

So belangrik soos dit is om kerk toe te kom is ons hart hier in Impetus nie om vir julle die antwoord te gee nie, vir te lank het mense kerk toe gekom dat die Guru op die verhoor vir ons die antwoorde gee en sê wat ons moet doen. Ons wil eerder ons diens so beplan dat ons almal begelei word om dieper in verhouding met God self kan groei en dat ons by Hom die antwoorde kry.

Wanneer ons in ons omgee groepe bymekaarkom, dat ons nie vir mekaar antwoorde gee nie, maar dat ons na mekaar luister en ek glo soos ons na mekaar luister ons nader sal kom aan die een wat die antwoorde het Jesus Christus. Want nou is ek besig op my reis en God kry kans om met my te werk op my reis.

Daarom wil ek jou weer vanoggend aanmoedig raak betrokke in ’n groep sodat jy kan leer om na ander te luister en sodat jy kan deel wat God besig is om te doen en vir jou te sê op jou geestelike reis.

Kom ons Bid saam

Groei gewoontes – Hanteer die stres

[powerpress]

Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier en te leer.

Ons is besig in ons reeks groei gewoontes en sluit ook af met die reeks. Volgende week begin ons met nuwe reeks genoemd nooit weer nie, maar vandag gesels ons oor die groei gewoonte van hanteer die stres.

Wie wens al dit was vakansie, wie wens al die jaar is verby dat jy net breek kan kry. Wie is baie, baie bekommerd want daar is nog 8 Sondae oor dan is dit December en daar is nog ’n pophuis vol werk wat moet gebeur.

Al hierdie goed stres ons uit en ons worry en dit alles maak ons moeg en oud. Al ooit iemand gesien wat deur baie moeilike tyd gaan en stress is hoog en dan sien jy hulle weer en dink sjoe hy lyk moeg en asof hy oornag oud geraak het.

Dis wat stres doen, dit maak ons dood. Ek praat nie van jy staan op die kant van die pad kar verloor beheer en jy sien dit en jou stres vlakke gaan op jou hart klop vinniger meer bloed vloei en adrenalien skop in en jy spring uit die pad uit. Dis goeie stres maar meeste mense vandag leef in chroniese stres.

Ons is heeltyd op hyper alert, ons is altyd gejaagd want ons het nooit genoeg tyd nie, ons is heeltyd opgewen en onderdruk en moeg. Die probleem is dat ons liggaam skakel nooit af nie, ons breine skakel nooit af nie.

Baie studies het bewys dat om onder chroniese stres te leef beskadig ons breine maar ook ons liggame en is besig om ons dood te maak.

En vandag gaan ons kyk en leer vanuit Ps. 23 hoe om stres teen te werk en minder stres te hê of dit beter te hanteer sodat ons kan groei.

Nou net vinnig daar is baie goed wat stres veroorsaak maar die 7 mees algemene faktore is:

  1. Bekommernisse: Daar is so veel meer goed om oor te bekommer deesdae, Jou selfoon te verloor 20 jaar terug was dit nie ’n bekommernis nie, of jou selfoon is pap en nou kan niemand jou bel nie of jou airtime is op of jou data is op. Identity theft dat iemand jou informasie steel of jou hack.
  2. Gejaagdheid. Ons leef in tyd wat alles net so gejaagd is. Die pas van die lewe is vinnig die hele tyd. En almal soek alles nou. Spoed veroorsaak stres.
  3. Groot groepe.  Die wêreld en ons stad raak net voller en voller. Meer mense op die pad meer mense wat werk soek.
  4. Meer keuses.   Dit is meer paralyzing.  Dit veroorsaak dat ons sukkel om besluite te maak. Jy moet heeltyd keuse op keuse doen. Net om ’n capo te drink is 20 qeustions. Skinny or regular, Short, tall or grande, cream, froth by seker plekke as jy cream vat vanilla or chocolate. Dan is ek soos cancel die capo gee my net water asb. Bottle or tap, Ice with lemon or just ice or without ice and lemon. Come on
  5. Geen privaatheid nie.  Moderne wêreld is daar altyd altyd iemand wat jou dophou.
  6. Diversiteit van ons samelewing.  Waar jy beweeg werk bly skool gaan eet is daar verskillende mense met verskillende gelowe en waardes en kulture. Dit veroorsaak konflik en konflik veroorsaak stres.
  7. Bang vir die toekoms. Ons is bang vir hoe die toekoms gaan uitwerk en wat in toekoms gaan gebeur.

Nou vandag kyk ons na seker die mees bekendste Psalm in die bybel.

Psalm 23:1-6

Die Here is my herder; daar is niks wat my ontbreek nie. 2 Hy laat my lê in groen weivelde; na water waar rus is, lei Hy my. 3 Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die pad van geregtigheid tot eer van sy Naam. 4 Wanneer ek loop in ’n baie donker kloof, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my. 5 U berei vir my ’n feesmaal voor die oë van al my vyande. U verwelkom my as ’n eregas deur my kop te salf met olie en my beker oorvol te maak. 6 Waarlik, u goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe; en ek sal bly in die huis van die Here so lank as wat ek lewe.

Wanneer ek en jy die metafore verstaan dan is dit ’n model vir stres verligting.

Ons gaan na Psalm 23 kyk lyn vir lyn en in Ps. 23 is daar 7 gewoontes wat ek en jy kan leer en moet begin den sodat ons stres vlakke minder kan raak.

6 Gewoontes om stres te hanteer:

1. Kyk na God om al jou behoeftes te vervul.  Dit moet jou rustig maak. Dit gaan keer dat jy teleurgestel gaan word. Ons stres raak minder wanneer ons ophou na ander mense of goed kyk om ons behoeftes te vervul. Wanneer jy ophou na jou vrou kyk of jou man kyk of na jou werk of kinders kyk om jou behoeftes te vervul raak jou stres minder.

Vers 1 Die Here is my herder; daar is niks wat my ontbreek nie.

Die boodskap sê dit so mooi: Die Here sorg vir my soos ’n herder wat sy skape oppas; ek het niks meer nodig nie.

Sodra ek na God kyk en hom vertrou om te voorsien in al my behoeftes. Om te voorsien in alles wat Hy vir my wil en droom raak my stres minder. U sien al die ander goed wat ons na kyk is tydelik en feilbaar dit kan enige oomblik verdwyn of teleurstel.

Nie God nie God is ewig en hy het ons gemaak en weet wat is goed en reg vir ons. Hy weet wat het Ns. Nodig want hy is ons herder. én soos skape hulle herder vertrou vir alles wat hulle nodig het kos en beskerming moet ons God vertrou.

So volgende keer as jy gestres raak draai na die God toe sê Die here is my Herder ek kom niks kort nie.

2.     Gehoorsaam God se opdrag om te rus.

Ek moet God se opdrag om te rus gehoorsaam. Dis so belangrik dat God Moses dit laat in skryf het in die groot 10, waar dit saam met om getrou te wees aan jou man of vrou, saam met nie mense doodmaak nie of om te steel nie. So rus is belangrik en as ons dit nie den nie dan is dit op selfde level as om te steel of dood te maak.

So baie van ons stres is omdat ons probeer op van of bybly. Jou inbox bly net voller en voller raak, daar gaan altyd nog iets wees wat gedoen moet word of gedoen kan word of nagevors kan word om dinge beter te doen. Ek dink nee ek weet God het geweet die tyd gaan kom waar mense 24 uur connected gaan wees deur nag kan werk as hulle wil en net aanhou en aanhou.

En daarom kom God en hy wys ons selfs in die begin van alles dat 6 dae maak hy die Heelal die aarde en alles daarin en die 7de dag rus hy. Al ooit gewonder hoekom? Want god was nie moeg nie, want God raak nie moeg nie, hy doen dit want hy wil vir my en jou die voorbeeld stel dat ons besef ons het ’n dag nodig om te rus.

God sê dit is vir jou voordeel.  Jesus kom en sê Markus 2:27 Toe sê Hy vir hulle: “Die Sabbat is daar ter wille van die mens – nie die mens ter wille van die Sabbat nie. Mense dink hulle het nie nodig om te rus nie. Kyk wat sê Vers 2

Hy laat my lê in groen weivelde; na water waar rus is, lei Hy my.

Die Engels sê  He makes me lie down. Hoekom want as jy die nie doen nie, dan sal jou liggaam jou forseer om dit te doen. As jy nooit rus nie dan raak jy siek en sieker en sieker en op stadium dan gee jou liggaam net in, of jy sal depressief en moedeloos en wil net opgee want alles is net te veel effort.

As jy wil groei as jy op jou beste wil wees dan moet jy rus jy moet genoeg slaap. Hoor wat sê Eksodus 34:21 “Ses dae lank moet jy besig wees met jou werk. Op die sewende dag moet jy ophou, selfs al is dit planttyd of oestyd.

6 dae moet jy werk.  7de dag moet jy rus.  Selfs in jou besigste seisoen. Dis amper einde van die jaar en dinge is rof, jy moet steeds tyd maak vir rus, Baie van my vriende en ons het klein kids en dinge is rof dis belangrik vir hulle en ons om tyd te maak om te rus.

Het jy ’n Sabbat? Baie van ons het nie, want ons kom kerk toe en dan gaan ons huis toe en dadelik begin ons werk aan wat ons nie tyd voorgehad het in die week of nie kla gekry het in die week nie.

Wat moet jy doen op jou Sabbat?

Rus jou liggaam.  Fisies.

Her Fokus jou gees tot die Vader. En julle doen dit nou deur te kom Worship en kerk toe te kom. Deur deel van groep te wees Selgroep of Dissipelskap.

Herlaai jou siel en emosies. En verskillende goed herlaai mense, vir party is dit oefen, party is dit lees of skryf of stap in die natuur al is dit deur net in jou agterplaas te gaan sit vir tyd in die son, vir sommige is dit slaap of tuin maak. Dalk is dit om te chill saam met vriende. Vind uit wat dit is wat jou herlaai wat jou energie emmer vol maak en kry tyd om dit te doen saam met mense maar maak ook tyd vir alleen wees. Wat is dit vir jou?

Sondag is vir meeste mense die maklikste dag vir Sabbat vier, maar dit hoef nie ’n Sondag te wees nie. My Sabbat is Vrydae want ek werk Sondae. Laas week het ek nie Sabbat gedoen nie, Chantal was in Hospitaal vir operasie en Ek het probeer Durandt besighou en hospitaal besoeke en alles. Maar die week het ek dit gevoel my emosies was leeg my energy was min my gees was deurmekaar. Die hele week gesukkel met kopseer nek wat styf is. Sabbat en rus is belangrik. Wanneer is jou Sabbat?

Baie mense sê well, ek voel skuldig as ek rus of Sabbat doen, Jesus het nie.  Jesus het dikwels eenkant gegaan. Want hy het besef om sy beste te gee vir die mense om hom het hy nodig gehad om te rus te herlaai en sy gees te her fokus tot die Vader.

3.     Gaan na God vir leiding

Hoor wat sê Vers 3: Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die pad van geregtigheid tot eer van sy Naam.

Een van die goed wat baie stres veroorsaak is om die regte besluite te maak. Is dit wat ek nou doen of besluit die regte ding. In die kerk hoor ons gereeld mense wat sê ek wil doen wat God van my vra of ek wil God se wil doen. En dan vra ons baie keer mense wat is dit en ons luister na preke op preke en woon kursusse by en dit is alles hulpmiddels maar as jy wil weet wat die volgende stap is of die regte keuse is dan moet jy na God toe gaan. Hy is die herder hy is die een wat weet.

Jakobus 1 :5 Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie.

As jy wysheid nodig het as jy leiding nodig het vra God. Nie Oprah of jy buddies nie vra God en dan wag lees sy woord, word stil en op die regte tyd sal God jou leiding gee. Dalk nie dadelik nie, maar op die regte tyd.

4.     Vertrou God in die donder klowe.

Ons almal gaan deur donker klowe op een of ander stadium. Jy verloor ’n geliefde, jy verloor jou werk, jy verloor jou geld of jou gesondheid, Mense maak jou seer of stel jou teleur. En jy is in die donker kloof dis belangrik dat jy nie vrees nie, jy moet rou maar nie vrees nie.

As jy nie rou oor verloor of teleurstelling nie gaan jy nie kan aan beweeg nie. As jy daai emosie net onderdruk of afdruk of ignoreer gaan jy in daai donker kloof bly en bang wees. Ons mag en moet treur oor goed dis hoe ons deur moeilike stadiums kom.

Nêrens in die Bybel sê dit jy mag nie hartseer wees of treur of rou nie. Die Bybel vertel ons dan dat Jesus self hartseer was en gehuil het en getreur het.

Maar die Bybel s♪6 gereeld dat ons nie moet bang wees nie. 365 keer sê die Bybel moet nie bang wees nie. Hoekom want vrees maak ons lam. EK het hoogtevrees as ons op hoë plekke is, kan ek amper nie beweeg nie ek sukkel om te praat.

Ps. 23:4 Wanneer ek loop in ’n baie donker kloof, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my.

Die Ou vertaling sê al gaan ek deur ’n dal van doodskaduwee. En van julle gaan dalk deur skaduwee van skuld, of skaduwee van depressie, of Skaduwee van konflik of siekte.

Maar die waarheid oor Skaduwees is hulle is baie scary maar skaduwees kan jou nie seermaak nie. Trok ry or jou dis seer maar as trok se skaduwee oor jou gaan niks. Skaduwees is baie keer groter as hulle bron.

Maar wat ons besef is vir ’n skaduwee om daar te wees moet daar lig wees. Wil jy nie vandag eerder jou rug draai op die skaduwee en eerder draai na die lig toe nie na die herder toe nie.

Jy hoef nie al die antwoorde te ken nie, maar jy moet God ken. Dis hoe ons Stress hanteer en verminder.

5.     Laat God jou verdedig.

Konflik, teenkanting mense wat jou wil aanval en seermaak. Mense wat jou nooit gelukkig wil hê nie.

Wat is ons natuurlike reaksie op dit. Ons wil hulle terug kry, revenge, maar die realiteit is dan is jy niks beter as hulle nie. Daar gaan altyd mense wees wat nie van jou gaan hou nie.

En die probleem is dat dit raak al hoe makliker om anoniem mense seer te maak deur die internet.

Hoe moet ons die mense hanteer die moeilike antwoord is ons moet nie, God sal. David het iets daarvan verstaan. Groot gedeelte van sy lewe hardloop hy weg vir koning wat hom wil doodmaak, maar nooit het David terug bakei of aangeval nie. Hy sou nooit eers iets sleg van die koning sê nie. En in daai tyd was God besig om David te vorm ’n man na sy hart.

Al wat David gesê het, is

Ps. 23:5 U berei vir my ’n feesmaal voor die oë van al my vyande. U verwelkom my as ’n eregas deur my kop te salf met olie en my beker oorvol te maak.

Hy is soos Here goedheid is so groot en U blessings is so baie my hoof is gesalf en my beker loop oor dis morsig eintlik.

Psalm18:2-3

2 Hy het gesê: Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte. 3 Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots

by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting.

Klink David gestres nee maar hy skryf dit in ’n grot besig om weg te kruip vir die wat hom wil doodmaak. Hy is soos Here u sal my beskerm en by my wees.

As ons aan Jesus dink wie het hom aan geval – die kerkmense het Jesus aangeval.  Nie die sondaars nie. Hulle het gesê Seun van die duiwel.  Duiwel self.  Kom van die duiwel.  Jesus het hulle nie reggehelp nie.  Hy het stilgebly.  Pilatus.

Is dit waar, vra Pilatus?  Jesus het nie eers ’n woord gesê nie.

Wanneer ons stilbly in oomblikke wat ons aangeval word dis in daai oomblikke wat ons meer soos Christus is.

Hoor wat sê Petrus 4:19As julle dus ly omdat julle doen wat God wil hê, moet julle aanhou goeddoen en julle lewe oorlaat aan God wat julle gemaak het. Hy sal julle nooit in die steek laat nie.

Hy sal jou nooit in die steek laat nie.

6.     Verwag dat God die werk sal klaar maak wat hy begin het

Is jy ’n wat as persoon? Iemand wat baie keer sal sê maar wat as dit gebeur, of ja maar wat daarvan, as jy is, sal jy baie stres in jou lewe hê.

Psalm23:6

Waarlik, u goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe; en ek sal bly in die huis van die Here so lank as wat ek lewe.

Daar is 2 maniere om na die toekoms te kyk wat as of goedheid en guns sal my volg.

Verwag dat God sy werk sal kla maak vra hom om dit kla te maak.

Nagmaal

Vriende vanoggend is dit ook ons voorreg om nagmaal te gebruik en ek wil die wat nagmaal gaan bedien nooi om so lank reg te maak.

Hoe ons gaan nagmaal gebruik is deur dit uit te deel en ek wil jou vra om dit te hou en dan as almal dit het, sal ek bid en dan kan ons dit saam gebruik.

Julle kan uitdeel.

Vriende terwyl jy wag wil jy nie onthou vanoggend dat hierdie simbool ingestel is deur Jesus self nie. Dalk is stres besig om jou onder te kry, kom na hom toe vanoggend en vra God om jou te help. Besef vanoggend Hy is meer as genoeg vir jou, dalk het jy Sabbat nodig maar jy weet nie waar jy tyd gaan kry nie vra hom om jou te wys en help jou tyd beter te hanteer, vra hom vandag vir sy leiding gee die stuur terug vir God, dalk word jy deur doods skaduwees omring draai na Hom toe, laat toe dat God jou verdedig en vertrou dat Hy die werk sal kla maak wat hy begin het.

Kom ons bid saam.

 

Groei gewoontes – Hoe hou ek aan groei?

[powerpress]

Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier en te leer.

Ons het so pas kla gemaak met die reeks wat genoem is Transformed, nou as jy dalk vanoggend besoek vir die eerste keer of dalk was jy nie die kwartaal hier nie het ek goeie en slegte nuus.

Die slegte nuus is jy het uit gemis op ’n een van die beste mees transformerend reekse wat ons nog ooit gedoen het. Die terugvoer wat ons kry is dat mense getuig van hoe die Here besig is om hulle hele lewe te verander.

Die goeie nuus is dat jy steeds die reeks kan doen en na luister. Jy kan agter by Linda ’n reeks gaan koop en luister of bestel as dit uit verkoop is of jy is welkom om elke preek te gaan luister en lees op die internet op ons webblad Impetus.co.za.

Net sodat almal op dieselfde bladsy is vanoggend. Ons het gekyk na die 7 mees belangrikste areas die Engelse sê key areas van ons lewe waar in God wil hê ons gesond moet in wees so dat ons daai lewens kan leef wat hy in sy woord belowe ’n lewe wat vol is ’n oorvloedige lewe. Joh. 10:10 Kom Jesus en sê

Johannes 10:10 Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.

Die 7 belangrike areas was.

Week 1. Het ons begin by Geestelik gesondheid en ons het gesê dis deur naby aan God te leef dat ons Transform die nie wat ons doen wat ons laat transform nie dis wat God in ons doen wat ons laat transform maar Hy kan net in ons werk as ons naby aan hom leef en hom toe laat om te werk.

Week 2. Het ons het stil gestaan by Fisiese gesondheid. Ons het gesê dat God gee net so om oor ons Fisiese gesondheid soos oor ons Geestelike gesondheid. 3 Johannes 1:2 Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.

Vriende baie keer wil ons transform maar ons het nie die energie om te begin nie wat nog te probeer. Ek en jy is God se plan vir die wêreld en hy wil deur my en jou Sy koninkryk bou op aarde, Hy wil deur my en jou hemel aarde toe bring maar as ons nie die krag het om dit te doen nie kan dit nie gebeur nie.

Week 3 het ons gekyk na Gesonde denke, Nou die key vers vir die reeks is Rom 12:2

2 Do not conform to the pattern of this world, but be transformed by the renewing of your mind.

Een vertaling sê change the way you think.

Ons het gesê God wil eerder denke verander as ons omstandighede, want wat binne gebeur is vêr belangriker as wat met ons gebeur. En die rede is want wat ons dink bepaal hoe ons voel, en hoe ons voel bepaal hoe ons optree.

Spreuke 4:23 Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.

Ons moet ok besef nie alles wat jy dink is noodwendig die waarheid net omdat jy dit dink nie.

Week 4 het ons stil gestaan by Gesonde Emosies

Nou ons emosies speel ‘n groot rol in ons lewe en baie studies het gewys dat emosionele intelligensie is belangriker as IK. As jy baie slim is en het al die kennis maar jy kan nie jou emosies beheer of met mense werk nie gaan jy sukkel.

Spreuke 5:23 Hy kon homself nie beheer nie; daarom gaan hy sterf. Hy verdwaal omdat hy dwase dinge doen.

Ons het gesê God is ’n God van Emosie en ons emosies is ’n geskenk van God af maar ons moet God vra om ons emosies onder sy beheer te bring en ons te help besef nie alles wat ons voel noodwendig reg is nie.

En dat ek my Emosies moet noem en dan dit challenge of dit reg is om so te voel en dan dit te verander.

Week 5. Ons het gekyk na gesonde verhoudings en stil gestaan by die heel eerste verhouding in die Bybel Adam en Eva en ons het geleer vanuit hulle verhouding oor 3 vrese wat in alle verhoudings teenwoordig is en amok saai en na 3 keuses wat ek en jy daagliks moet maak om gesonde en transformed verhouding te hê.

Week 6 het ons het gekyk na gesonde finansies en stil gestaan by Luk. 16:1-9. Die kerngedagte is dat ons moet besef dat alles wat ons het Geld, besittings, talente alles is behoort nie aan ons nie, God bless ons daarmee en ons is net bestuurders daarvan. Daarom is ’n belangrike vraag om gereeld God te vra is Here wat wil U hê moet ek doen met wat U my mee vertrou of dit baie of min is.

Week 7 het Braam met ons gesels oor ’n gesonde 8 – 5. En dat waar ook al jy jou self bevind op die stadium of jy skool gaan, werk vir baas, ’n baas is, afgetree is waar jy jou bevind besef dat God jou daar wil gebruik. Jy is sy verteenwoordiger daar en alles wat jy doen, doen dit tot eer en verheerliking van God.

Die vraag wat baie mense vra is maar nou wat nou Stevo. Sjoe, hierdie reeks was so goed en lewens veranderend. Die boekie was so goed en het my so baie gehelp om saam met ander mense op dieselfde reis te wees was so great. Nou wat nou.

Van julle het dalk soos ek gevoel dat daar is so baie info waar begin ek hoe begin ek dis net te veel en jy voel oorweldig. Dis alles so goed en belangrik hoe gaan ek dit reg kry om te bly groei of selfs te begin?

En ek wil graag 3 gedagtes deel van hoe ons seker maak dit gebeur. En hierdie is net-net vir geestelike groei nie, maar vir ons alledaagse lewe.

1.        Neem ‘n inventaris / Doen stock take

Spr. 14:8       “’n Mens wat nie weet hoe om reg te leef nie, se lewe is leeg. Lewenswysheid maak jou gelukkig.”  NAV

Vriende dis belangrik dat ek en jy sal stilstaan en begin om te kyk na ons lewe. Net soos dit belangrik is om van tyd tot tyd gaan vir ’n mediese checkup is dit belangrik dat ons lewe kyk en seker maak dat wat ons glo en spreek en ook baie keer preek vir ander dat dit wel deur die manier hoe ons leef gesien kan word, die manier hoe ons, ons lewe inrig en beplan dat dit wat ons glo spreek en preek reflekteer.

In die week in ons leierskap ontwikkeling sessie het ons gekyk na die volgende slide en Pete Scazerro het gepraat oor die slide en gesê die rede hoekom mense sukkel om te groei en te transform geestelik maar ook in die algemene lewe is want daar is hierdie Action / behavioral gap.

Baie van ons stop by stap 3. Ons hoor iets so ons raak aware daarvan of bewus daarvan, dan begin ons te ponder daaroor jy lees nog ’n boek of luister nog ’n preek of talk daaroor. Jy begin dan die waarde of die value daarvan insien en jy  begin voel sjoe almal moet hierdie hoor en begin almal te vertel daarvan, maar dan sê hy kom daar ’n gap en baie mense bly by stap 3. So hulle het al die info en weet dis belangrik en vertel selfs mense hoe belangrik en powerful dit is maar hulle begin nie hulle lewe so te prioritise dat daai waarde kan begin leef word en later deel van hulle kan word nie.

Die probleem kom baie keer ook in dat sodra ons informasie hoor wat ons al voorheen gehoor het of wat ons weet goed is dan stem ons saam en ons weet dis belangrik maar ons lewens verander nie, want ons bly vasval by stap 3. Daarom is dit belangrik om stock take te doen en te vra, hoe gesond is ek in die area en het ek al my lewe begin aanpas en anders begin prioritiseer om seker te maak daai waarde wat ek glo, spreek en preek deel kan raak van my.

Soms gaan jy verbystap 3 en jy kom by stap 5 uit maar wat dan belangrik is, is dat ek en jy soms net weer sal seker maak dat ons nie verval het en dink ons het sekere area onder beheer nie, maar eintlik is seker areas nie meer so onder beheer en gesond soos wat ek dink dit is nie en hier is dit belangrik om iemand te vra wat jou baie goed ken om te kyk na jou lewe. Om jou te help daai blinde kolle raak te ’n geestelik oefen vriend iemand wat daai eerlike moeilike vra en antwoorde kan gee.

2.        Skryf ‘n aksie plan neer (baie fokus op Dissipelskap)

Efesiërs 5:15-16     “Wees baie versigtig hoe julle leef. Leef soos mense wat weet wat God van ’n sinvolle lewe verwag en nie soos mense wat niks daarvan weet nie. Moenie jou tyd mors nie.”  Boodskap

Ons beplan al die ander area’s van ons lewe behalwe ons persoonlike en geestelike lewe.Om aan te hou groei gebeur nie net vanself nie. In die transformed reek moes ons 3 maande doel witte in elke area uit gesit het.

Die probleem is dat ons kan baie maklik oorweldig voel en voel maar is so baie om aan te werk wat nou of waar moet ek begin. Ek wil vir jou sê begin deur 2 area te kies en in my hart glo ek dat 1 area moet altyd Geestelike gesondheid wees, want as ek en jy ons verhouding met God uit sorteer en naby aan God leef dan sal ons ook weet wat Hy van ons verwag, ons sal beter lewens leef en beter mense word. Ek glo en weet dat as my verhouding met God reg is dan vloei dit oor in die ander areas van my lewe in.

Maar dit help nie net jy sê ek wil meer geestelik groei nie, nee jy moet ’n plan uit sit en daarom wil ek julle aanmoedig. Braam het vroeër gesels oor Dissipelskap groepe en in ons gemeente is dit ons proses. En ek wil almal aanmoedig of jy nog nooit dissipelskap gedoen het nie en of jy dit al gedoen het. Doen stock take en kyk is jy geestelik gesond, waar jy behoort te wees of is jy op stap 3 jy weet van dissipelskap jy weet dis belangrik jy het al selfs vir mense gesê dit is maar jy het nog nie die nodige veranderinge gemaak nie jy het nog nie geprioritiseer om dit deel van jou lewe te maak nie.

Stel daai aksie plan op. Besluit om goed rond te skyf en vir tydelike goed nee te sê sodat jy kan ja sê vir die belangrike. En besluit dan op nog een area wat jy voel vir die volgende 6 maande gaan ek begin om te fokus om my lewe so te prioritiseer dat die waarde deel raak van my lewe.  En dan glo ek soos jy daai een area uitsorteer en regkry sal dit oorvloei in die volgende area. As jy jou fisiese lewe beter kry, het jy die energie om aan verhouding te werk, of as jy jou denke onder beheer kry en seker maak jy pasop waarmee jy dit vul dan raak jou emosies ook beter en verhoudings beter.

3.        Maak Christus die middelpunt van alles: (Stil staan by die gedagte wat oor en oor op gekom het in Transformed en dit is jy moet jou dag met God begin God moet in alles deel wees van die proses)

Matteus. 6:33         “Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”  NAV

Kol. 1:15-16 “Niks in die skepping kan met Hom vergelyk word nie. … alles is deur Hom gemaak. Alles wat gemaak is, moet daarna streef om Hom gelukkig te maak.”  Boodskap

Soos ‘n wiel ‘n middel moet hê, moet ons lewens ook ‘n middel hê.  As God net een van die speke in jou wiel is sal jy vir altyd probeer om te transform en aan te hou groei maar net nooit dit regkry nie.

As Hy in die middel van jou lewe dis waar dit begin .Ons lewe vir God en deur God.

Die een ding wat so mooi in die transformed reek deurgekom het, is dat ek en jy elke dag met God moet begin. Rick het altyd gesê voor jou voete die grond raak gee jou emosies vir God en vra Hom om jou te help wys of jou emosies reg is, of gee jou verhoudings vir God en vra Hom om jou te help in liefde leef, gee jou denke of liggaam vir God. In jou finansies gee jou eerste 10% vir God.

Vriende julle sien om aan te hou groei, of te begin groei is nie iets wat ek of jy kan laat gebeur uit wils krag nie. Dit gebeur nie deur harder te probeer nie, groei is iets wat God laat gebeur en dis hoekom Jesus in Johannes 15:5 sê “Ek is die druiwestok, en julle die lote. Wie aan my verbonde bly en ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder my kan julle niks doen dit nie.”

Vriende ons moet seker maak God is die middelpunt van alles.

Kom ons vat so oomblik en vat stock. Waar is jy vandag? dalk is jy by stap 3 en niks van die informasie is nuut nie, maar my vraag is, is jou lewe al geprioritiseer dat die waarhede in jou lewe ingebou en deel van jou kan raak of weet jy dit maar jy hou aan dieselfde leef? Is dit wat jy glo en selfs op ’n stadium geleef het, is dit steeds so sterk in jou lewe sigbaar of het jy bietjie daarvan laat gaan.

Maak vandag die besluit om die week ’n aksieplan vir groei neer te skryf. Skryf vandag in om deel van ’n dissipelskap groep te raak, en besluit wat is daai een ander area wat jy die volgende 6 maande opgaan fokus om saam met God gesond of onder beheer te kry voordat jy op die volgende een gaan fokus.

Dalk moet jy vandag God weer innooi en oorgee en begin om hom die middelpunt van alles te maak.

Kom ons bid.

Transformed Week 6: Gesonde Finansies

[powerpress]

Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier en te leer.

Ons is in week 6 van ons reeks Transformed en ons tema vers vir die reeks is Rom. 12:2 Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuut maak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee.

Rob Lasey skryf in sy book Word on the street dat Rom12:1-2 so vertaal kan word vandag vir die ou op die straat.

So here’s what I want you to do, God helping you: Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering. Embracing what God does for you is the best thing you can do for him. Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out.

Vriende vir te lank in my lewe en ek vermoed in jou lewe het jy net harder probeer om te verander. Van buite na binne maar God doen die veranderings werk van binne na buite.

Vriende God roep my en jou en hy wil hê dat ek en jy heilig moet wees want Hy is heilig en daai Heilig beteken letterlik dat ons anders sal wees as die wêreld, dat ons values of waarde sisteem anders as die wêreld sal wees. Ons moet anders dink, ons moet anders optree by die werk, sport veld, om die braaivleis vuur in die verkeer in winkel sentrums, ons huwelike en verhoudings moet anders lyk, ons geestelike lewe moet anders lyk ons emosionele wêreld moet beter en gesonder wees, en die manier hoe ons met ons finansies werk en na ons finansies kyk moet ook anders wees as hoe die wêreld kyk en werk met geld.

Hoekom sodat ons beter kan wees? Sodat ons kan hoogmoedig wees? Nee sodat ek en jy gesond kan wees. Sodat ek en jy daai lewe kan leef wat Jesus vir ons van vertel en belowe in die Bybel maar ook daai lewe wat Hy vir ons kom wys het daai lewe wat oorvloedig is. Dat ons dit kan leef. ’n Lewe wat voluit geleef word. Sodat ons die wêreld kan wys dat daar niks in die wêreld is wat hulle dors kan les nie, die lewende water in iets nie dis ’n persoon.

Nou vandag staan ons stil by seker die moeilikste area in ons lewe want hierdie vat letterlik aan ons bas. Geld is altyd ’n baie sensitiewe area en voor julle uitsny of afskakel. Vandag se preek gaan nie oor geld weg gee en meer tiende gee vir kerk nie.  Vandag wil ek gesels oor hoe ons na ons geld moet kyk en hoe God wil hê ons dit moet bestuur.

Die rede is want as ek en jy nie ons geld bestuur nie sal dit ons bestuur. Geld het die vermoë om ons lewens drasties te beïnvloed goed of sleg. Dit is ook hoekom Jesus so baie oor geld gepraat het die helfte van die gelykenisse wat Jesus vertel het, het gegaan oor geld, want Jesus het geweet dat geld ’n baie groot rol in ons lewens gaan en kan speel. Meeste bekommernisse is a.g.v. finansies, meeste verhoudings val uitmekaar a.g.v. van geld.

En vandag gaan ons stilstaan by Lukas 16 en ek wil paar waarhede deel van uit die gedeeltes oor die moets en moenies van met geld werk en oor geld dink.

Julle kan volg op die skerm.  En ons lees uit die Nuwe lewende vertaling

Lukas 16:1-14

1Jesus het hierdie verhaal aan sy dissipels vertel: “’n Ryk man het ’n bestuurder in diens gehad om sy sake te behartig, maar gou het ’n gerug die rondte gedoen dat die bestuurder sy baas se besittings verkwis. 2Sy werkgewer roep hom toe in en sê: ‘Wat hoor ek van jou? Stel jou verslag op, want jy gaan ontslaan word.’

3“Die bestuurder het by homself gedink: ‘Wat nou? Dis klaarpraat met my hier; ek het nie die krag om te gaan slote grawe nie en ek is te trots om te gaan bedel. 4Ek het die oplossing! Dit gaan vir my boonop nog baie vriende besorg wat na my sal omsien as ek hier padgee!’

5“Hy het toe elke persoon wat aan sy werkgewer geld geskuld het, ingeroep om die situasie te bespreek. Hy het vir die eerste een gevra: ‘Hoeveel skuld jy hom?’ 6Die man het geantwoord: ‘Ek skuld hom 100 vate olyfolie.’ Die bestuurder sê toe: ‘Skeur op daardie skuldbrief en teken ’n ander een vir 50.’

7“‘En hoeveel skuld jy my werkgewer?’ het hy vir die volgende persoon gevra. ‘100 sakke koring,’ was die antwoord. ‘Hier,’ het die bestuurder gesê, ‘vat jou skuldbrief en vervang dit met een vir 80 sakke.’

8“Die ryk man moes tog die oneerlike bestuurder prys omdat hy so uitgeslape was. En dit is waar dat die mense van hierdie wêreld onder mekaar vindingryker is as die godvresende mense. 9Ek sê vir julle, gebruik julle wêreldse bronne tot voordeel van ander, en maak só vriende. Op dié manier sal julle vrygewigheid vir julle ’n beloning in die hemel verseker.”

Nou net vinnig dit wil voorkom asof Jesus die oneerlikheid van die bestuurder prys en dis nie wat gebeur nie. Wat Jesus wil doen, is dat ek en jy agterkom dat ons kan by enige iemand leer. Ons hoef nie noodwendig saam te stem oor  hulle waarde sisteem of geloof nie, maar ons kan wel leer by enige iemand.

Nou wat wil Jesus hê moet ons leer by die oneerlike bestuurder.

Een van die eerste goed wat Jesus wil hê ons moet leer is dat

1. Ons moet nie geld mors nie, want dit is nie ons sin nie.

Die bestuurder het begin om sy eienaar se geld te uit te mors sê die boodskap vertaling en toe kom hy in die moeilikheid toe moet hy rekenskap gee. Julle sien ons moet besef dat ons is eintlik net bestuurders van wat God ons mee toevertrou.

Alles wat ons het geld, besittings, jou liggaam, talente ons kinders is alles God sin. Die wêreld sê dis joune, jy het hard gewerk daarvoor, jy verdien dit en kan doen daarmee wat jy wil.

Die waarheid is wie gee jou die krag en vermoë om dit te doen. Wie het jou daai werk gegee of deur oopgemaak. Wie stuur vir jou daai baie werk. Ja, jy werk hard en sit ekstra ure in en woeker met jou talente maar dit is alles nog steeds God se genade dat jy dit kan doen.

En sodra ek begin leef met die uitkyk dat dis God sin nie myne nie dan voel ek ook anderste oor my besitting my geld my liggaam my talente en leef en bestuur ek ook my besittings wat God my mee vertrou ook anderste.

My vraag vanoggend is hoe goed bestuur jy God se besittings wat hy jou mee vertrou?

2. Ons moenie op geld vertrou nie, vertou op die bron van alles – Jesus Christus.

Ons sien dat die bestuurder het sy vertrou in sy werk en sy geld geplaas en toe hy hoor hy gaan sy werk verloor sê die gedeelte hy het gedink o wat nou dis klaarpraat met my.

Vriende geld is tydelik ons besittings, jou huis jou kar jou werk jou gesondheid liggaam is tydelik. Ons moet nie ons vertroue in iets sit wat weg gevat kan word nie.

Spreuke 23:5 Rykdom hou ook nie vir altyd nie. Dis soos ’n voël wat die een oomblik nog naby jou op ’n tak sit en dan skielik wegvlieg. So vinnig verdwyn geld.

Dit maak nie saak hoe baie geld jy het nie, een verkeerde transaksie of belegging en jou geld kan verdwyn. Jy hoef nie eers iets verkeerd te doen nie ’n resessie gebeur en jou geld verdwyn. Sterk besighede het toegemaak met die resessie mense het baie, baie geld verloor in die resessie en die wat hier sit en besighede het en die resessie oorleef het. Is dit omdat jy so great is of is dit omdat God se genade net so groot was vir jou, dalk het hy jou van daai een ekstra deal af weggehou wat jou onderdeur sou sit. Want God bless ons nie net altyd met goed nie soms bless hy ons deur goed van ons af weg te hou.

Van ons bou ons toekoms op ’n geliefde, die realiteit is niemand leef vir altyd nie, van ons bou op ons looks en vermoë maar realiteit is jy gaan nie vir altyd so mooi bly of gesond bly nie.

Ons moet nie soos die dwaas in die Bybel wat sy huis op sand gebou het nie, maar eerder soos die wyse man wat sy huis bou op die rots. Die een wat was, is en vir altyd dieselfde sal bly. Die begin en die einde, die lewe gewer, die een wat meer as genoeg is vir my – Jesus Christus.

3. Moenie vir geld lief wees of dit dien nie, gebruik dit vir God se koninkryk.

Vriende geld is nie sleg nie, geld is nie evil nie. Ons sê baie keer of het al baie gehoor mense sê geld is die wortel van alles soorte kwaad, Money is the root of all evil.

Maar eintlik sê die vers in

1 Tim 6:10 Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad.

Julle sien dis die liefde vir geld wat die wortel van kwaad is nie geld nie. Geld is ’n gereedskap stuk wat God ons mee seën en wat God wil hê ons moet  gebruik om Sy koninkryk in die wêreld te bevorder.

Wat sê die wêreld ons word geseën met geld om ons koninkryk te bou nè, maar God seën ons sodat ons kan herbelê in Sy koninkryk en Sy koninkryk uitbou in die wêreld nie ons sin nie.

U sien ons moet anders wees as die wêreld. Die wêreld is lief vir geld en gebruik mense om meer te kry. God sê nee julle moet vir mense lief wees en geld gebruik om mense te help en dien.

Die beste gebruik van geld is om mense in die hemel te kry. Vers 9 sê: Ek sê vir julle, gebruik julle wêreldse bronne tot voordeel van ander, en maak só vriende. Op dié manier sal julle vrygewigheid vir julle ’n beloning in die hemel verseker.”

Ons moet God se geld wat hy ons mee toe vertrou belê in sy koninkryk in iets wat ewigheidswaarde het.

Vriende ons almal het die sê ding gehoor dat jy sien nooit ’n lykswa met ’n venterwaentjie agter aan nie. Wat ek wonder is hoekom spandeer ons dan soveel tyd om daai waantjie so vol te maak.

Ons as gemeente is besig om te bou en as jy nie die week verby die grond gery het nie hulle het die week begin die dak opsit. Ek is so opgewonde want ons is nog ’n stap nader maar besef julle elke sent wat ek en jy in daai gebou belê is ons besig om te belê in God se koninkryk. Of jy nou R5 of 5 miljoen belê in daai gebou lank na dat ons lang bome toe is of wurm kos of vis kos wat ook al jou preference is besef jy dat elke kind wat eendag daar ingeseën word en grootword in verhouding met ’n oom met ’n doringkroon wat so lief was vir ons dat hy sy lewe gegee het, het jy deel gehad aan. Elke huwelik wat herstel word, elke persoon wat Hoop vind wat Jesus as verlosser, geneesheer, vriend, lewe gewer vind. Ek en jy het ’n rol gespeel dat dit kan gebeur. Dis ewig dit raak nie oud nie of uit fashion nie mot en roes kan dit nie stop nie.

Ek skuld Durandt R100 van Rugby speel en drieë druk en takels maak en in die week vra hy my hy soek sy R100 want hy wil Lego koop. Ons gesels so en ek sê onthou jy het net R90 want onthou een van ons waardes as gesin is om ons tiende vir Jesus te gee om dankie te sê dat jy in Skool is wat Rugby aanbied, dat jy gekies is vir die span omdat jy die talente het om te speel, dat die sport dag nie uitgereën het nie en julle gespeel het. Plus sodat die geld gebruik kan word om goeie goed te doen .

Nou Hy is baie letterlik en sê maar ek gee nie my tiende vir Jesus nie ek gee dit vir die kerk pappa. Wat doen die kerk met dit? En ek begin toe en sê vir hom onthou jy die Sopkombuis in Malabar, die kerk help om brood en bestanddele die goed wat ons die sop mee maak te koop sodat ons sop kan maak en kos kan vat dat mense nie honger bly nie en weet dat Jesus en sy mense gee om.

Onthou jy die komberse wat ons gaan uitdeel het die jaar toe dit so koud was. Mense het hulle geld gevat en komberse gekoop en die kerk het ’n klomp geld gevat en komberse gekoop en gaan uitdeel dat mense in die winter nie koud kry en slaap nie.

Ons tiendes help die kerk dat ons vir ander kerke wat swaar kry elke maand geld kan gee sodat hulle kan aanhou om mense van Jesus te vertel en hulle ’n verskil kan maak waar hulle is.

Ons tiendes help dat die kerk geld vir die Bybel genootskap kan gee dis mense wat bybels maak en seker maak dat almal ’n Bybel kan hê om te lees en leer hoe lief God vir hulle is.

Ons gee vir Sendelinge dis mense soos Pappa en oom Braam en Oom Eugene wat mense in ander lande soos Japan kan leer van Hoe lief Jesus vir hulle is maar ook om daar vir hulle te wys hoe lief Jesus vir hulle is en hoe om so te leef.

Ons tiendes help ook die kerk om mense wat deur moeilike tye gaan in ons eie kerk te kan help om vir mense krag te koop dat hulle darem elektrisiteit het of om petrol in te gooi dat hulle kan rond beweeg en ons gee ook vir hulle kos voucher sodat hulle darem iets kan koop om te eet.

En hy kyk so op na my en sê pappa ek wil altyd my tiende gee om mense te help.

Vriende waar is jy besig om die geld en besittings wat God jou mee vertrou te belê?

As jy in Microsoft of Toyota belê sal jou hart by Microsoft of Toyota wees en hoop hulle doen goed. As jy belê in jou vakansie huis gaan jou hart en elke spaar oomblik wees by jou vakansie huis, maar as jy belê in God se koninkryk dan gaan jou hart in Sy koninkryk wees en jy gaan alles doen om nader aan God te beweeg en seker maak sy Koninkryk brei uit.

Kom ons bid saam.

Transformed Week 5 – Gesonde Verhoudings

[powerpress]

Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te leer hoe God toe te laat om ons van binne na buite te transform sodat ons beter en gesonder mense kan wees.

Nou ons is besig met ons transformed reeks en as jy dalk ’n week of 3 gemis het, is jy welkom om op ons webblad te gaan luister na die preke of jy kan dit selfs lees.

Vandag gaan ons kyk na hoe om gesonde verhoudings te doen. En om daarna te kyk gaan ons terug na die eerste boek Genesis in die Bybel en ons gaan leer by die heel eerste verhouding tussen man en vrou want dis waar al die moeilikheid begin het. Dankie, Adam en Eva.

Nou ons almal ken die storie. God kom en Hy skep die heelal want hy wil die aarde skep. En die rede dat hy die aarde so mooi skep is want hy wil ‘plek skep sodat ons mense hier kan bestaan en lewe.

Hoekom doen God dit want God soek ’n familie. God soek ’n familie so hy maak die heelal en alles daarin en hy maak ons.

Nou God maak die aarde met al die diere en plante en Adam op sy eie. Dan raak Adam alleen want hy sien al die diere het maatjie maar hy is alleen en dan kom God en skep Eva. Daar kan baie redes wees hoekom eers die man en dan die vrou en een van daai redes kan wees, sodat mans kan agter kom hulle kan nie die lewe op hulle eie doen nie hulle het maar ’n ware noord nodig in hulle lewe, en nog rede is God het dalk na die man gekyk en gedink mmmm ek is seker ek kan beter doen en maak toe die vrou. (Hehehe net ’n grappie)

Nou die man is uit die grond gemaak en dis ook die rede hoekom seuntjie en meeste groter seuntjie en ou seuntjies nie omgee om vuil te raak nie, want hulle kom vanuit die grond uit, maar die vrou sy is gemaak uit Adam. God wat ’n rib been uit Adam en maak die Vrou. Nou net vinnig daar is baie simboliek hier. Sy word nie uit die voet uitgemaak dat die man oor haar heers nie, ook nie uit die kop uit sodat sy oor hom heers nie. Ek sien daar is nou paar pompies in ribs van hoor jy wat se Steve daar. Nee God haal haar uit die sy, sy uit sodat hulle die lewe saam kan doen in verhouding as equals.

En vir baie lank was daar hierdie perfekte verhouding want daar was geen sonde nie. So daar was nie enige agterdog, of bakleiery nie, geen stil stuipe of my kop is seer nie, geen siekte of leuens nie niks van die aard nie. Alles was goed nee perfek tot op ’n dag.

Wat gebeur die vyand, Satan kom in die vorm van ’n slang en hy vra vir Eva het God regtig gesê julle mag van geen van die bome in die tuin eet nie. Nou dis ’n leuen want God het gesê julle kan van alles eet net nie van 2 bome nie. Daar is ’n keuse wat julle moet maak want ek wil hê julle moet kies om my lief te hê.

Daarna kom hy en is soos God jok vir julle, julle sal nie doodgaan nie, God wil net nie hê julle moet soos Hy wees nie en daarom wil hy nie hê julle moet van daai boom eet nie. Want julle kan God wees. En dis die bases van sonde ons wil God wees.

Satan kom nooit en verlei ons om soos hy te wees nie, hy kom nie en sê doen dit en jy gaan so seg soos ek wees en voel nie, nee want dan sal niemand dit doen dit nie. Hy kom en sê doen dit want jy weet beter as God, God steek iets weg, God jok vir jou, God is ou modies hy is nie relevant nie hy weet nie wat dit vat om vandag te oorleef of gelukkig te wees nie. Doen dit jy verdien dit.

En dan val ons daar voor en trap in die slaggat maar Eva het ook gevat vir daai leuen.

En ons lees uit Gen. 3 vanaf vers 6 tot 13

6Die vrou begin toe twyfel. Sy kyk na die boom en sien hoe mooi dit is en hoe lekker die vrugte lyk. As sy daarvan eet, sou sy baie dinge te wete kom. Versigtig steek sy toe haar hand na die vrug uit. Sy pluk dit en begin eet. Sy pluk nog een en gee dit vir haar man. Hy het dit ook geëet. 7Skielik het hulle oë oopgegaan. Vir die eerste keer ontdek hulle hulle is kaal. Skaam-skaam (dis waar skaam te begin het) gryp hulle toe ’n paar vyeblare, werk dit aan mekaar vas en maak vir hulle klere.

8Teen sononder se kant het die Here God in die tuin rondgeloop. Toe hulle Hom hoor, het hulle bang geword en tussen die bome vir Hom gaan wegkruip. 9Die Here God moes toe na die mens roep en sê: “Waar is jy?”

10Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”

11Die Here God vra toe vir die mens: “Wie het jou vertel dat jy kaal is? Of het jy van die verbode boom se vrugte geëet?”

12Die mens sê toe: “Dit is alles die vrou se skuld. Die einste vrou wat U my gegee het, het my van die boom se vrugte gegee. En ek het dit geëet.”

13Die Here God vra toe vir die vrou: “Hoekom het jy dit gedoen?”

Sy het geantwoord: “Dit is die slang se skuld. Hy het my om die bos gelei, toe het ek van die vrugte geëet.”

Nou vanuit hierdie gedeelte is daar so baie waarhede wat ons kan leer maar vandag fokus ons op waarhede wat ons verhoudings lewe kan verander Transform. In hierdie gedeelte is daar 3 basiese vrese wat in alle verhoudings te voorskyn kom. En wat ons nou na gaan kyk en as jy vandag hierdie waarhede en vrese kop/verstaan dan gaan jy beter doen in alle verhoudings. Verhouding met jou vriende, jou man of vrou jou kinders jou ou of meisie jou ouers en skoonouers jou kleingroep familie.

Want hierdie vrese was in die eerste verhouding teenwoordig en dit is steeds in my en in alle mense teenwoordig.

  1. Die vrees dat ek ontbloot word, maak dat ek onttrek.

Hoekom sukkel jy om diep en intieme verhouding te behou of te kry. Jy wil graag maar dis asof jy mense net tot op ’n punt toelaat en dan nie verder nie.

Die rede is want daar is baie in my en jou wat ons nie van hou nie. En jou vrees is as jy nie daarvan hou nie gaan ander mense ook nie daarvan hou nie en jy gaan alleen wees en nie liefgekry word nie. So wat doen ons, ons bou mure en mense kom met so vêr en nie verder nie, want ek wil nie hê mense moet te naby kom nie.   Hoe nader mense aan ons kom sien hulle wie ek regtig is en sien hulle my foute en tekortkominge. So wat doen ek, ek onttrek ek steek weg die ware ek kruip weg.

Ons lees in die storie 8Teen sononder se kant het die Here God in die tuin rondgeloop. Toe hulle Hom hoor, het hulle bang geword en tussen die bome vir Hom gaan wegkruip. 9Die Here God moes toe na die mens roep en sê: “Waar is jy?”

10Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”

Wanneer God vraag vra ken hy kla die antwoord. Die rede hoekom God vir Adam die vrae vra is vir Adam se wil sodat Adam kan erkenning gee, kan own up tot sy fout. Enige transformasie of verandering begin by erkenning dat alles is nie reg in my verhoudings nie. Terwyl jy dit ontken en voorgee jou huwelik is net great geen probleem hier nie, of jou vriendskappe is net great of jou verhouding net jou kinders is net great vir solank ons dit doen kan daar geen verandering of gesond wording plaasvind nie. Ons moet eers erken daar is fout, ons kort hulp.

Maar vrees laat ons onttrek en wegkruip. Wat is jy besig vanoggend om te ontken en weg te steek en te maak asof dit nie ’n probleem is nie.

Vrees maak altyd dat ons wegkruip. Die vers sê: Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”

Wat beteken dit om kaal te wees. Die kaal hier is nie net fisies nie dis emosineel ook. As jy kaal is beteken dit jy is kwesbaar, jy steek niks weg nie.

En wanneer ek en jy bang is om te wys wie ons werklik is en ons self oop te maak in verhoudings al wat ons doen, is ons onttrek.

Nou vrees beskadig ons verhoudings op ’n paar maniere.

Ons kry skaam

7Skielik het hulle oë oopgegaan. Vir die eerste keer ontdek hulle hulle is kaal. Skaam-skaam gryp hulle toe ’n paar vyeblare, werk dit aan mekaar vas en maak vir hulle klere.

Sodra ons ongehoorsaam is teenoor God dan kry ons skaam. As daar skaamte in jou lewe teenwoordig is dan is jy meer angstig, meer selfbewus, voel jy maklik in die verleentheid geplaas. 

Die volgende ding wat jy doen, is jy steek dit weg. Wat het hulle gedoen toe hulle sien hulle is kaal hulle het skaam gekry en dit toegemaak weggesteek.

Elke persoon doen dit op ander manier. Party mense gebruik humor, party mense gee voor die idee dat hulle alles by mekaar het alles is great. Party mense kruip weg agter ’n aanlyn identiteit. As jy na hulle Facebook kyk of Instagram dan klink dit altyd of alles ontsagwekkend is en almal wil hulle vriende wees die lewe is een groot lekker ding sonder enige issues.

Nog iets wat gebeur is jy onttrek jy disconnect. Wat het hulle gedoen hulle het tussen bome gaan wegkruip en toe God kom stap het hulle net daar bly wegkruip. Baie keer in ons verhouding met mense disconnect ons ons is net meer teenwoordig nie, want ons is bang vir mense, maar dit gebeur nie net met mense nie, maar ook met God want ons Begin God te vrees. En daarom het ons nie net verhoudings probleem met mense nie, maar met God ook. Want hoe kan ek eerlik wees.

Jy sien God verwag nie jy moet perfek wees nie, maar hy verwag dat jy eerlik sal wees.

So die eerste vrees is die vrees om ontbloot te word en dit maak dat ek en jy onttrek.

2. My vrees om nie aanvaar te word nie, maak dat ek myself verdedig.

Julle sien nou beweeg ons weg van wegkruip af. Ons beweeg weg van om verskonings te maak en nou begin ons aantygings maak. Ons verskoon nie net meer ons self nie ons begin nou ander te blameer. Hulle begin hulle self verdedig. Jy sal mense sê jy het dit gedoen ja maar jy het dit gedoen, maar jy het dit gedoen maar jy het dit gedoen.

Iemand wat baie krities is en heeltyd ander mense se foute uitwys is iemand wat bang is hulle word nie aanvaar nie of hulle is nie goed genoeg nie.

12Die mens sê toe: “Dit is alles die vrou se skuld. Die einste vrou wat U my gegee het, het my van die boom se vrugte gegee. En ek het dit geëet.”

Adam vat dit sy pak soos ’n man en hy blameer sy vrou! Maar eintlik nie net sy vrou nie hy blameer God. Einste vrou wat U my gegee het.

13Die Here God vra toe vir die vrou: “Hoekom het jy dit gedoen?”

Sy het geantwoord: “Dit is die slang se skuld. Hy het my om die bos gelei, toe het ek van die vrugte geëet.”

Eva kom en wat doen sy, sy blameer die slang.

Julle sien ons vrees dat ons nie aanvaar word nie dat ons nie goed genoeg is nie maak dat ons verdedigend is. As jou vrou vir jou iets sê en jy voel dis kritiek of jy word nie aanvaar nie dan begin jy verdedig of verduidelik of somtyds net haar foute uitwys.

Maar daar is ’n derde vrees

3.  Die vrees om beheer te verloor, maak dat ek meer wil beheer.

Julle sien die resultaat van hulle sonde het veroorsaak dat hulle lewe uit beheer uitgeraak het. Hulle is uit die paradys geskop hulle toekoms is verander en hulle doel op aarde is anders en hulle lewe is uit beheer.

Hoe meer uit beheer jy voel, hoe meer wil jy probeer beheer.

Hoe meer probeer jy beheer wat mense van jou sê of dink of doen, jy begin vereistes stel en ultimatums. Jy begin mense domineer. Mense moet doen wat jy wil doen en soos jy dit wil doen.

16Vir die vrou het Hy gesê: “Wanneer jou kinders gebore word, sal jou pyn ondraaglik wees. Elke kind sal in die allergrootste pyn gebore word. Jy sal ook altyd na jou man bly verlang, hy sal jou oorheers.”

Hier het die battle van die sexes begin. En al daai misverstande tussen mans en vroue, boeties en sussies, Ou en meisie, Skoon seuns en skoonma’s.  Daai stryd tussen man en vrou van wie is reg en wie is in beheer en wie dra die broek in die huis en wie sê wat se broek aangetrek mag word.

Dit alles is hier a.g.v. sonde is dit nie meer ’n verhouding nie dis nou ’n kompetisie. Dit gaan nou oor wie wen en wie verloor. Wie kry sy sin en wie nie.

En dis nie lekker verhouding om in te wees nie. ’n verhouding van inplaas dat ons in partnership leef en saamwerk ons eerder meer in kompetisie leef van een wen en ander verloor.

Is jy moeg om in kompetisie te leef in jou verhouding waar julle as twee individue heeltyd teen mekaar baklei in plaas van om teen ander goed te baklei.

Ek sê altyd by troues dat ’n man en vrou nou span maats word en hulle speel die wedstryd van die lewe. Hulle speel saam teen egskeidings syfers en die ekonomie. Hulle speel saam om kinders reg groot te maak en as gesin suksesvol te wees.

Nou hoe kan ons dit regkry?

Die antwoord is in 1 Johannes 4:18 in die Boodskap. Ware, egte liefde verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie. En hoekom nie? Want vrees is net heeltyd bekommerd oor die straf wat kan kom.

Julle sien waar liefde is, is geen vrees nie. As jy God se liefde innooi by die voordeur loop vrees by die agterdeur uit. Julle sien die teenoorgestelde van vrees is nie geloof nie dis liefde. As ’n gebou brand en almal is bang om in te gaan maar een persoon hardloop in die gebou in om die baba te gaan red wie is dit, dis die ma want haar liefde oorwin die vrees.

Julle sien ek en jy moet leer om in God se ware en egte liefde te leef.

Nou hoe leer ek en jy om in God se ware egte liefde te leef.

Elke dag moet jy 3 keuses maak. As jy die keuses maak gaan jou verhoudings lewe transform.

 1.   Jy moet elke dag jou emosies oorgee aan God.

Elke dag voor jy opstaan voor jou dag begin moet ek en jy ons hart oorgee aan God.

Onthou laasweek het ek gesê die hart is die middelpunt van ons emosies dis die no 1 woord wat in die Bybel gebruik word om na emosies te wys. As ek en jy die middelpunt van ons emosies oorgee aan God en hom vra om ons harte te vul met sy egte en ware liefde dan sal ons met meer liefde en meer genade leef.

Job 11:13-15 (13)As jy net jou hart aan Hom wil wy en jou hande na Hom oplig in gebed! (14)Raak ontslae van jou sondes. Los alle ongeregtigheid agter jou. (15)Dan sal jou gesig verhelder in onskuld. Jy sal sterk wees en vry van angs.

Hoe nader en nader ons aan God beweeg en in sy liefde leef gaan ons meer en meer liefde in ons lewe hê. En soos ons vroeër gesê het waar liefde is, is daar nie plek vir vrees of angs of agterdog of jaloesie nie.

So vriende ons moet na God draai vandag en ons hande oplig en ons sondes bely en agter ons los en ons hart ons emosies oorgee aan hom.

2.   Jy moet elke dag onthou hoe lief God vir jou is.

As jy nie geliefd voel nie gaan jy nie liefde teenoor ander voel nie.

Ek en jy moet elke dag ons self herinner wat God vir ons voel en wat hy van ons dink, nie wat die werled dink nie nie wat ek self eers van my dink nie, maar wat God van my dink.

Ons moet onthou dat ons is totaal en al aanvaar. Meeste van ons soek aanvaarding selfs by vreemdelinge. Ons glo as ons perfek is, sal ander my aanvaar. Die realiteit is dat niemand is perfek nie ons almal het issues en nie almal gaan jou aanvaar nie. Wat ons wel weet is dat Jesus ons aanvaarbaar vir God kom maak.

Ons moet onthou God is onvoorwaardelik lief vir ons.

Niks wat jy doen of nie doen nie gaan ’n verskil maak aan God se liefde vir jou nie. Hy kan nie meer of minder lief wees vir jou nie. Jy kan nie God maak ophou lief wees vir jou nie.

Hoor wat se Jesaja 54:10Berge kan verskuif word en heuwels kan verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit ophou nie. My ooreenkoms van vrede met jou sal nooit tot ’n einde kom nie. Dit is wat die Here sê wat soveel vir jou omgee.

Onthou dat jy totaal en al vergewe is. Die prys is betaal al wat moet gebeur is ek en jy moet dit aanvaar en elke dag onthou.

Romeine 8:1 Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort.

3.   Jy moet elke dag God se liefde deel met ander.

Joh. 13:34Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle lief het, net só moet julle mekaar ook liefhê.

Ons het ’n nuwe opdra dat ons daai liefde wat God vir ons elke dag gee, sal uitdeel aan mense om ons.

1 Kor. 13:7 Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.

Vriende mag jy vandag erken as daar dalk vrees in jou lewe is en onthou dat liefde is die teenmiddel vir vrees. En mag elke dag jou emosies oorgee aan God en onthou hoe lief God jou het dat Hy Jesus gegee het om die prys te betaal dat daar niks is wat jy kan doen wat God meer of minder lief vir jou sal maak nie, en mag jy ook begin om daai liefde te deel met ander.

 

Kom ons bid saam.