Ons rol in kinders se geestelike reis

Goeie more aan ons groot mense dis lekker om vandag met julle te gesels maar dan ook goeie more aan my klein vriende. Vandag is ’n ander tiepe diens en dis lekker om die hele kerk in een gebou te he. Groot mense dankie dat julle, julle gebou met ons deel en ook dankie vir julle geduld vandag.

Vandag is Moedersdag wie het vanoggend vir mamma iets special gedoen. Ek en Durandt het vir tannie Chantal blue berry muffin en koffie in die bed gevat. Ons wou dit sag doen maar Durandt kon nie wag nie en hardloop toe in by die kamer en sing, opstaan tyd is ‘n lekker, lekker tyd (dis hoe ons hom wakker maak in die oggende). Ek skree se vir mamma gelukkige moedersdag, al wat hy skree is moedersdag, maar soos mammas is smile sy lag en se dankie.

So ek wil vandag aan al die mammas en eintlik vroue se gelukkige Moedersdag mag die ‘’n mooi jaar wees en dankie vir alles wat julle vir ons beteken en doen selfs daai goed wat ons nie eers van weet of raaksien nie dankie.

Ek wil net vinnig die gedeelte lees in die boek Vrou-wees geskryf deur Stefan Joubert en Johan Smit.

Vandag wil ek ‘’n paar minute stilstaan by Ouerskap nou soos julle weet Durandt is nog klein en my ouerskap is nog in deur die toetsing stadium, vir al wat ons weet kan hy dalk nog groot skandes maak soos vir die Stormers rugby speel of iets soort gelyk, maar ek wil graag met julle 2 gedagtes deel van hoe ons kan begin om ons kinders geestelik te beïnvloed.

Nou asb. as jy nog in skool is of nog nie getroud nie, van ons hier se kinders is al groot en getroud van ons hier het nie kinders nie, asb. dis belangrik dat julle ook luister, want ons as Impetus is ’n gesin en ’n familie en soos vroeër toe ons die Riaan en Karin se Elcke ingeseën het, moet ons as gemeente dis nou ek en jy saam met die ouers seker maak dat daai baba in die weg van die Here grootgemaak word.

Eintlik vriende al die kinders in die saal steek gou julle hande op nee staan gou op julle stoele. Dankie, julle kan sit,  vriende ons groot mense het ’n verantwoordelikheid om te help grootmaak aan ons kids en seker te maak hulle wil die Here dien, en hulle raak die mense wat God hulle geroep het om te word.

Nou daar is deesdae in kerk wêreld ’n groot bekommernis oor dat so baie jongmense tussen 18 en vroë 30 kerk los en ook Christenskap los en A.g.v. dit is daar baie studies gedoen oor hoekom hulle wegraak of loop en ook wat laat die wat bly stick.

Nou vandag gaan ons bietjie kyk wat laat jongmense bly in die geloof en kerk. Ek wil he julle moet vir my sê die persentasie rol wat die persone speel om kinders en jongmense by God en kerk te kry en te hou.

(more…)

Oorwin die mites van ons tyd – Wat ek insit sal ek uitkry

Mites is sekere valse gelowe in ons lewens wat ’n element van waarheid in hulle het maar dit is eintlik bygelowe.  Ons gesels oor ’n paar algemene mites wat feitlik almal glo.

Hierdie gelowe wat ons het, kan eintlik ons lewe diep skade doen indien ons volgens hulle lewe, want dit word soos ’n padkaart in jou lewe. Dit bepaal jou rigting en jou verwagting van hoe die lewe werk.  Vandag kry ons ’n GPS om vir ons rigting aan te wys, maar hierdie GPS kaart van jou moet ‘ge-update’ wees.  Anders gaan jy ook by die verkeerde plek uitkom.

Ek dink daar is drie groot kaarte in ons lewens wat gereeld ‘ge-update’ moet word. Hoe jy dink oor jouself, hoe jy dink oor die lewe, hoe jy dink oor God. Vandag:  Wat ek insit, is wat ek uitkry.

(more…)

Oorwin die mites van ons tyd – Ek sal self regkom

Vandag gesels ons oor die mite: Ek sal self regkom, ek sal dit self uitsorteer, ek het nie hulp nodig nie.

Luk. 15:28-32    “The older brother stalked off in an angry sulk and refused to join in. His father came out and tried to talk to him, but he wouldn’t listen. The son said, ‘Look how many years I’ve stayed here serving you, never giving you one moment of grief, but have you ever thrown a party for me and my friends? Then this son of yours who has thrown away your money on whores shows up and you go all out with a feast!’  ”His father said, ‘Son, you don’t understand. You’re with me all the time, and everything that is mine is yours—but this is a wonderful time, and we had to celebrate. This brother of yours was dead, and he’s alive! He was lost, and he’s found!’”  Message  (more…)

Oorwin die mites van ons tyd – As dit goed voel moet dit reg wees

“Then Jesus made it clear to his disciples that it was now necessary for Him to go to Jerusalem, submit to an ordeal of suffering at the hands of the religious leaders, be killed, and then, on the third day, be raised up alive. Peter took Him in hand protesting, impossible, Master, that can never be, but Jesus didn’t swerve. Peter, get out of My way. Satan, get lost, you have no idea how God works. Then Jesus went to work on his disciples. Anyone who intends to come with me has to let me lead. You are not in the driver’s seat; I am. Don’t run from suffering, embrace it. Follow me and I’ll show you how. Self help is no help at all. Self sacrifice is the way, My way, to finding yourself, your true self. What kind of deal is it to get everything you want but lose yourself? What could you ever trade your soul for?”  Mat 16:21-26 (The Message)

(more…)

Oorwin die mites van ons tyd – Verandering gebeur wanneer ek harder probeer

Rom. 12:1-2       “Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ‘n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.”  NLV

Ek wil graag vandag begin deur jou ’n vraag te vra:

Glo jy dat jy jou lewe kan beter maak wanneer jy harder probeer?

Glo jy dat as ek net harder probeer sal ek ’n beter mens, ’n beter eggenoot, ’n beter ouer ’n beter vriend wees?

As ek net harder probeer sal ek die bagasie, verslawing en emosies kan uitsorteer.

As ek net harder probeer sal ek ’n meer liefdevolle, geduldige en genotvolle mens wees.

Ek sal nie so maklik my humeur verloor nie en ek sal nie so maklik gefrustreerd raak nie.

(more…)

Paas Sondag 2012 – Is jy nog verwonderd oor Jesus se kruis?

In die tyd waarin ons leef is daar ’n konstante wedywering aan die werk om ons aandag te kry. Bemarking en vermaaklikheid het konstante nuwe pogings om dit beter en groter te doen. As ons weer na iets te kyk is nie goed genoeg nie, dit moet beter wees, dit moet ons WOW. Daar net soveel keuses in ons lewe vandag dat daar altyd ’n kompetisie is vir ons aandag en vir ons kosbare tyd.

Hierdie ingesteldheid is ook deel van ons geestelike lewens – ons soek goed wat ons kan verstom, kan amaze, kan WOW!

(more…)

Kruisstasiebelewenis 2012

Hierdie jaar se Kruistasiebelewenis was weereens ‘n ervaring wat elkeen wat dit bygewoon het diep geraak het.

Ons kon ervaar hoe God met ons praat deur die uitbeelding van Jesus se kruistog en opstanding. Hier is foto’s van die kruisstasies. Jy kan gerus daardeur kyk en jou verbeelding gebruik om ook die reis mee te maak.

(more…)

Vrygewigheid – onverwagse goedheid

Ek wil hê jy moet jouself ’n denkbeeldige situasie verbeel.

Jy kry ’n geregistreerde brief in die pos wat bietjie vreemd lyk.  Jy maak dit ook en sien dat dit ’n brief van ’n prokureur is.  ’n Vêr langse oom van jou, oom Barry het gesterf.  Dit is nie heeltemal nuus vir jou nie, want jy het by die familie gehoor van die oom wat gesterf het so rukkie gelede, maar die brief sê dat oom Barry vir jou iets gelos het in sy testament. Hy het in Natal gebly met ’n groot beesboerdery. Toe jy so 5-6 jaar oud was, het jy by hom gaan kuier een vakansie maar eintlik het jy hom nie meer as dit geken nie. Jou pa het hom so nou en dan genoem maar meer as dit het jy nie geweet nie. (more…)

God se eerste taal – koester stilte in ‘n raserige wêreld

Geraas – het so deel van ons lewens geword dat ons nie meer daarsonder nie.

Ons soek stilte so nou en dan op maar geraas en spoed het deel van ons wese geword.

Ons soek geraas en dit lyk my hoe jonger jy is, hoe meer daarvan soek jy.

As jy wakker word, moet die radio, selfoon, iPod of TV aan.

As ons ry, by die huis kom, vir ’n oomblik sit en ontspan moet daar iets aan wees.

(more…)

Maak gereed vir groei – Gebed ‘n gesprek met God.

Impetus gemeente Steve Rootman 18 Maart 2012

Vriende ons is besig met ‘n reeks maak gereed vir groei. In hierdie reeks is ons besig om te kyk na verskillende oefeninge wat ons in ons lewens kan in bou om nader aan God te beweeg. Ons almal wil graag God beleef, Sy stem hoor, Sy hand sien beweeg, wanneer ons bid of Bybel lees iets te voel. Ons almal wil daai lewe wat Jesus ons van vertel in die Bybel, begin beleef hier op aarde.

Dallas Willard sê die volgende: The gospel is not how to get to heaven when you die, it is how to get to heaven before you die.

Dis waarheen ons werk ook in die reeks dat ons oefening in ons lewens sal inbou en beoefen dat ons meer vir hom kan leef en minder vir my self. Ek wil graag dit net sê die oefeninge is nie om jou skuldig te laat voel van ok dankie ek weet ek doen nie genoeg nie en nou sê julle daar is meer wat ek moet doen. Nee dis gereedskap stukke om jou te help nader beweeg.

(more…)