• Omgeegroepe

Die gemeente het feitlik elke aand omgeegroep byeenkomste. Inskakeling hang af van area, dag van die week en belange.

Impetus se omgeegroepe is die plek waar ons groei in verhouding met mekaar en saam in verhouding met God. Hier word die lewe saam gedoen! Hier word ons vriende en gesels ons oor ons lewensreise. Dit is ook ons primêre manier van pastorale versorging in die gemeente.

As jy in ‘n omgeegroep is sal jy altyd mense hê wat saam met jou bid en deur die op en af van die lewe gaan.

Vir meer inligting of om in te skakel by ‘n Omgeegroep, kontak die kerkkantoor by 041 368 2047 of epos ons by info@impetus.co.za