Impetus Kinders – Impetus Kids
Impetus Kids se missie is om kinderkerk die beste uur van ‘n kind se week te maak. Hoe doen ons dit? Deur vir kinders van 4 jaar oud tot 12 jaar oud op te bedien op hulle manier en vlak. Om hulle te leer van ‘n oom met ‘n doring kroon wat vir hulle lief was, is en altyd sal wees. Hulle aan te moedig om met Hom in verhouding te leef en te groei maar ook aan te moedig om met maaitjies in verhouding te leef en te groei. Kinderkerk is tydens die 10 uur diens gedurende skool kwartale. Ons bied ‘n groot groep les aan en dan deel ons in kleiner groepe om dien “so what” vas te maak wat beteken hoe gaan elke maaitjie in sy realiteits wêreld uitleef wat hy/sy nou geleer het.