Soos ‘n kind – God is vir my

[powerpress]

Goeie more Vriende  ek glo dat jy op die beste plek is vanoggend.

Vandag begin ons ’n nuwe reeks wat ons noem Soos ’n kind. Onthou as jy dalk na die boodskap luister en dink sjoe, daai vriend of vriendin moet hierdie hoor of lees. Onthou dat al ons boodskappe is beskikbaar op ons webblad. Vandag sin sal seker teen Dinsdag op wees die voriges is beskikbaar of julle kan bestel agter by Linda.

Nou vandag begin ons met Soos ’n kind en in hierdie reeks gaan ons kyk na eienskappe van God soos ‘’n kind daarna sal kyk.

Nou daar is hierdie gedeelte in Markus 10 wat ons almal al of raak gelees het of gehoor het by kinderkerk of CSV of oor gepreek by kinder inseën. Julle sien in Mark 10 dan bring die ouers hulle klein kinders na Jesus toe dat Jesus hulle kan seën en wat gebeur die Dissipels is soos Jesus se bouncers hulle doen crowd control en maak seker die wat grootste nood het kom by Jesus uit.

En wat gebeur hier kom die klein kinders. Hulle nie noodwendig siek nie hulle is besig opgewonde loud dalk stamp en stoot en die dissipels kom en wat gebeur hulle is soos nee, nee, nee julle gaan nie Jesus se tyd mors nie Hy is besig en belangrik Hy is die Seun van God. Vat julle kinders huis toe, maar dan wat gebeur Markus sê toe Jesus dit sien was hy verontwaardig, Julle sien hulle het hom eintlik soort van beledig of ontstel en dan sien ons in vers (14)Toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het vir hulle gesê: “Laat die kindertjies toe om na My toe te kom. Moenie hulle keer nie. Want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is.

En dan kom Jesus en Hy sê iets wat ek glo baie baie belangrik is vir ons almal om deel van harte te maak deel van ons geloof te maak.

(15) Ek verseker julle, wie God se koninkryk nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie.”

Ek dink Jesus wou he dat ons besef dat ons geloof soos ’n kind sal hê en soos ’n kind God vertrou.

En in die reeks gaan ons na 4 eienskappe van God kyk vanuit die oë van ‘’n kind. En Vandag gaan ons kyk na die Eienskap van God is vir my.

Volgende week gaan ons kyk na God is by my. Inweek 3 God vergewe my en die laaste een is God kan enige iets doen.

Maar kom ons staan stil by vandag se tema God is vir my. Nou as jy al met ’n klein kindjie te doen gehad het of self een gehad het en grootgemaak het of as jy so lank terug kan onthou en jy dalk ook kind was.

Ek weet ek weet meeste mans is nog kinders so dit behoort makliker te wees vir ons.

Nou kinders wat in ’n huis grootword wat lief is vir God en kinders wat Impetus kids of ’n kinderkerk program bywoon iewers, of hulle het goeie geestelike invloede in hulle lewens. In hulle sien ons dat hulle geloof in God is net so eenvoudig sonder baggage en true.

Die jaar se Avontuur week as ek Durandt gaan haal het dan sien jy dit want hulle sal iets se soos al is jy klein dan skree die kids Jesus is lief vir jou, al is jy nie die vinnigste nie, Jesus is lief vir jou, al is mense lelik met jou, Jesus is lief vir jou. En dis wat hy glo niks meer nodig nie.

Soms dan sal ek in die kar ry en dan voel ek broos en dan sal ek vir hom sê, wie is die heel beste pappa in die hele wêreld en dan geen antwoord nie, dan sal ek soos jou pappa is darem awesome is ek nie die heel beste pappa in die hele wêreld nie en dan sal hy sê nee pappa is die 2de beste en dan weet pappa wie is die beste pappa in hele wêreld, Jesus is. En dis hoe dit is, hy voel nie hy hoef te verduidelik nie niks dis kinder geloof dis wat ek glo kla. En hulle sing hierdie songs van my God is so groot so sterk en so magtig kom nou sing saam daar is niks want my God nie kan doen. Of Jesus loves me yes I know for the bible tells me so. Dis kinder geloof dis wat Jesus bedoel ons moet soos kinders wees.

Vriende en ek is nie seker wat in jou lewe gebeur het nie maar, ek weet van klein kinders wat geglo het in God se goedheid en dan sukkel mamma en pappa in hulle huwelik en ons klein maatjie bid en vra Jesus om mamma en pappa te help om goeie huwelik te he maar dan skei hulle en daai klein wêreld is deurmekaar en daai klein maaitjie begin wonder maar waar is God en as God vir my is hoekom gebeur dit.

Of  hierdie Christen seuntjie het ’n hond en dis sy beste vriend en hulle speel lekker en doen alles saam en dan eendag hardloop die hond uit by hek en kar ry die hond dood en daai seuntjie is maar hoekom as God vir my is, het dit gebeur.

Of iemand vir wie ‘’n kind baie lief is en naby is en eintlik nodig het gaan skielik weg maar kom nooit weer terug nie en die kind dink maar waar was God.

Of daar is iemand wat suppose is om klein kinders te beskerm teen slegte verkeerde goed maar dan kom hulle en vat waar hulle nie moet nie en doen daai verkeerde goed met hulle en daai kindjie dink maar waar is God, as God vir my is hoekom gebeur dit.

En dan hoe langer kinders en ons leef dan groei daai lysie van maar waar is God en as hy vir my is hoekom gebeur dit of hoekom het hy nie dit gekeur nie.

En dan die hartseer is dat dat op ’n stadium kan mens die afleiding maak dat maar God is dalk nie vir my nie, Hy is vir ander maar nie vir my nie, of God is nie werklik nie, of God is nie werklik goed nie.  Ek weet nie waar jy op jou journey is nie dalk is jy op plek waar jy glo God is nie vir jou nie, of nie werklik nie, dalk is jy nie so seker wat jy meer glo nie. Jy wil glo maar ding gaan so rof en jy weet nie meer nie.

Dalk voel jy soos hierdie gedig wat die volgende sê:

God doesn’t love me

You can’t force me to believe

That God is good

This is the One truth in life

This world is a product of chance

How can I believe that

God will use my life

I know with certainty that

God has left me

Never again will I say that

Christ has risen from the dead

I know now more than ever in my life that

Man can save himself

We must realize that it’s ignorant to think

God answers prayers

Christians declare that

Without God this world would fall into darkness

This world can and will meet my needs

It is a lie to say

God has always been there for me

I now realize that

No matter what I do

The truth is

He doesn’t love me

How can I presume that God is for me

En dalk is dit waar van julle is of ken jy iemand wat daar is op die stadium. Maar vriende vanoggend wil ek met jou ‘’n paar gedeeltes deel wat ek glo vir jou wys dat God vir jou is. Ek weet om net ‘’n paar verse te lees en te preek oorgaan nie jou situasie verander of wat jy voel of dink teenoor God verander nie en eerlikwaar dis ook nie my werk nie en ek kan dit ook nie doen nie. Net God kan en dit is waarvoor ek Hom vertrou vanoggend.

Wat ek wel wil doen, is om vir jou deur die Bybel te wys God is vir jou en dan hoe as ek en jy dit glo dit ons lewens kan verander. En dan as jy glo God is vir jou hoe dit ‘’n impak het op jy na alles kyk wat jy het en wat met jou gebeur.

Ek wil begin met seker een van die beste verse wat bewys dat God vir ons is.

Jer. 29: 11 Ek weet wat Ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur en nie slegte goed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.

Ek glo dat ons goeie God vir my en jou great planne het. Planne om ons te seën dat goeie dinge met ons sal gebeur en moet gebeur. Planne sodat ons hoop vir die toekoms kan hê. En ek verstaan dat dalk vandag is van ons hier en dit gaan moeilik dalk voel dit jy gaan dit nie survive nie, vir jou wil ek sê dat daar is hoop want ek glo God het vir ons almal ’n great toekoms ingedagte.

Paulus kom in Rom 8:31 en vra die vraag as God dan vir ons is wie sal teen ons wees? In die boodskap sê dit, dit so:

(31) Wat is ons gevolgtrekking oor alles wat ons tot nou toe gesê het? Dít: God is aan ons kant. Wie sou dit dan nog waag om teen ons te wees?

En hoe weet ons God is vir ons want in vers 32 staan die volgende:

(32) God gee so baie vir ons om dat Hy nie eens sy eie Seun se lewe gespaar het nie. God het Hom in ons plek laat doodgaan. As Hy bereid was om so ver vir ons te gaan, sal Hy mos enigiets vir ons doen.

Vriende sodra ons perspektief verander van God en ons besef dat God vir ons is dan verander ons perspektief van ons lewe en alles wat in dit gebeur.

Kan ons iets gou probeer. Ek gaan iets sê en dan moet julle hard terug sê God is vir my. Ok hier gaan ons: 

Maak nie saak of jy maer is nie God is vir my.

Maak nie saak of jy baie of min geld het nie, God is vir my.

Maak nie saak of jy moet werk oor Kersfees nie, God is vir my.

Maak nie saak of jou skoonfamilie kom kuier vir die Desember vakansie nie God is vir my.

Maak nie saak of die land se politiek beroerd lyk nie, my God is vir my.

Maak nie saak of jy of iemand wat jy lief is voor siek is nie,  God is vir my.

Maak nie saak hoe groot of klein die foute is wat jy al gemaak het nie, God is vir my.

Vriende ek wil jou los met 3 perspektief veranderinge:

Wanneer jy besef God is vir jou dan kruip jy nie weg vir God nie jy hardloop na Hom toe.

Wat doen Adam en Eva toe hulle droogmaak, ons leef in Gen. 3: 10 Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”

Julle sien as ons nie vertrou dat God vir ons is nie en goed is nie, dan hardloop ons weg en kruip weg. Ons dink dan goed soos ja dit gaan nou sleg met my wat God straf my omdat ek sonde gedoen het.

Maar ons beeld van God is verkeerd. Ek lees die week van ’n kind wat aangeneem is uit ’n kinderhuis in Guatemala en toe sy by haar nuwe mamma en pappa aankom toe is sy opgewonde maar wat gebeur het, is sy het die hele tyd weggekruip agter haar hande vir hulle.

As hulle haar wil drukkie gee het sy net haar hande voor haar gesig gehou. As hulle uit kamer gaan, sal sy eet en speel maar sodra hulle inkom dan het sy haar hande oor haar gesig gesit en weggekruip. Alhoewel sy in baie beter omstandighede was en sy nou 2 mense het wat lief is vir haar en sy kos en klere en toys en alles het, het sy heeltyd weggekruip agter haar hande.

Die ouers is toe na christelike sielkundige en die sielkundige sê toe dat al is haar omstandighede beter vertrou sy nie die nuwe ouers nie sy probeer haar self beskerm want sy weet nie dat sy hulle kan vertrou nie en hulle moet haar trust wen. Die ouers het toe Spaans geleer en vir haar die kinder rympies wat sy gehoor het in die kinderhuis begin sê. Hulle het vir haar die kinderliedjies gesing wat sy daar gehoor het en ook geleer om ek is lief vir jou en ander liefdevolle goed te sê.

Hoe meer sy hulle begin vertrou het hoë meer het haar hande en arms begin sak tot sy hulle totaal vertrou het en nou as sy haar mamma en pappa sien dan hardloop sy in hulle arms in.

En vriende net so word ek en jy sodra ons Christus volg in God se familie in aangeneem, ek en jy is seuns van God of Dogters van God en ons hoef nie weg te kruip vir Hom nie, want Hy is vir ons. Ons kan dan ook soos die Spreuke skrywer sê in:

 Spreuke 18: (10) Die Here is soos ’n sterk gebou. In swaar tye kan gelowiges by Hom gaan wegkruip. By Hom is hulle veilig.

10 The name of the Lord is a fortified tower; the righteous run to it and are safe.

Vriende van ons kruip nog weg vir God van ons wil die leun glo dat wat ook al in ons lewens gebeur het of besig is om te gebeur is omdat God nie vir ons is nie, maar vriende as ons vandag ophou om die vyand se leuens te glo en ons weer begin soos ‘’n kind glo God is vir my dan kom ons hardloop eerder in sy arms in daar waar ons veilig is want Hy is vir my en jou.

Die tweede ding wat ek begin leef as ek glo God is vir my dat leef ek nie meer vir God se goedkeuring nie maar vanuit sy goedkeuring.

Rom 5:8 Maar God is heeltemal anders as ons. Hy wys juis hoe lief Hy ons het deurdat Jesus in ons plek doodgegaan het toe ons almal nog ’n spul sondaars was.

Vriende vir baie lank in my lewe het ek my lewe geleef met die gedagte om God se goedkeuring of Sy guns te kry. So ek sal kerk toe gaan en dink ok God like my nou meer en ek sou vroeg opstaan en bid en Bybel lees en dan dink ok nou kry ek eers baie share by God en dan sal ek een oggend verslaap en dan dink oh no nou is God teleurgesteld en dan sal ek soos bid en so baie jammer wees en vergifnis vra. En dan sal ek soos dink ok miskien moet ek rugby kyk vas en ek doen dit nie om nader aan God te kom nie maar dat God my moet meer like en dan kry ek dit nie reg nie en dan voel ek weer soos mislukking en ’n teleurstelling vir God.

Vriende en die laaste 4 jaar van Dissipelskap het ek begin besef ek is Kind van God en het ek besef daar is niks wat ek kan en hoef te doen om God te kry om my te like of om hom te impress dat hy sy Goedkeuring vir my gee nie, want hy het kla die dag toe hy Sy seun vir my en jou en die wêreld daar buite gestuur het, het ons kla sy goedkeuring gekry het hy kla vir ons gewys ek is vir jou Stevo, Eugene, Johan, Koos, Chantal ek is vir almal.

Vriende en sodra ons dit besef dan is ons vry en leef ons nie meer as slawe heeltyd besig om goedkeuring en aanvaarding te kry by ’n baas nie nee ons leef vry en vanuit ’n liefdevolle  verhouding van aanvaarding en goedkeuring en ons groei net dieper en dieper in verhouding met ons Vader.

En laaste maar nie die minste nie ek wil amper sê belangrikste is

Wanneer ek en jy besef God is vir my dan maak nie saak wat gebeur nie, jy weet God werk in jou.

Vriende in Rom 8:28 sê die skrywer dit so.

Ons kan nou van een saak seker wees: God gebruik elke ding wat in ons lewens gebeur om sy doel te bereik. Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit.

Vriende so al kom daar moeilike tye, of swaar tye wanneer ons besef God is vir my dan vrees ons dit nie, want ons glo God is besig om binne-in ons te werk.

Vriende ek weet as jy nou in daai tyd is waar dit swaar is of moeilik is, is dit soms moeilik om dit altyd te sien of te verstaan maar ek wil jou aanmoedig om aan te hou om dit te glo en te sê God is vir my en hardloop na hom toe nie weg van hom af nie, leef vanuit sy goedkeuring nie daarvoor nie, en weet dat maak nie saak wat gebeur nie God is besig om in jou te werk en ook deur jou te werk want hy is vir jou.

Kom ons bid saam