40 Dae reis op pad na Paas – Palm Sondag

Goeie môre vriende of sal ek eerder sê familie.

Ons is besig in ons 40 Dae reis na Paas en vandag is begin die laaste week. In die christelike kalender staan die week ook bekend as die heilige week. Die laaste week voor Jesus se Kruisiging Vrydag maar dan ook soos ons glo en die Bybel ons leer dat Hy ook weer Sondag opgestaan het en die dood oorwin het.

Vinnige ad break as ek mag: Die week hier in die saal het ons elke jaar Kruis stasies, as jy nog nooit dit bygewoon het nie wil ek jou met alles in my uitnooi moet dit nie mis nie dis werklik ’n lewens veranderende belewenis. Dis iets wat jy op jou eie pas doen en dis ’n afspraak tussen jou en God. Alles wat ons gedoen en gelees het loop op na die week toe en vind vervulling Sondag.

Nou in die Joodse tradisies het hulle baie verskillende feeste gehad vir verskillende redes en dit help hulle om nie te vergeet wat God vir hulle gedoen het en doen nie. En een van daai feeste is die Festival of Passover of soos ons dit ken Paasfees.

Dis die fees om te onthou hoe God hulle vrygemaak het uit Egipte en hoe die doodsengel hulle eersgebore Linge gespaar het deur verby te gaan by die deure wat gemerk is met die bloed van ’n lam.

Hulle beweer dat daar omtrent 2.5 Mil mense in Jerusalem was die tyd omdat daar ook ’n sensus opname gedoen is en Jode van oor die land het na die Tempel toe gekom om die fees by te woon.

Nou in die tyd was sekuriteit ook baie groter en wat van die slim mense sê is dat die Gouverneur van daai tyd Pontius Pilatus het dan op sy Perd wat in die ooste gesien is as oorlog onderdrukking van die weste af met baie soldate met groot oorlog wapens ingery gekom van die weste om vir die wat onderdruk word te wys dat hulle moet pasop ons is sterker en beter as julle. Die Romeine het dit ook gewoonlik gedoen na hulle oorlog gemaak het en gewen het dan sou hulle deur die strate gery het met al die mense wat gevang is en al die spoils wat hulle gevat het.

Maar aan die ander kant van die stad aan die Olyfberg se kant was daar ook iets aan die gang. Jesus is op pad en hy ry op ’n eselsvul. Jesus kom om sy Koningskap aan te kondig

Nou vandag staan bekend as Palm Sondag. Nou hoekom het die mense so begin skree en sing want hulle het geweet wat die profesie wat Sagaria in Sagaria 9:9 gemaak het, is besig om waar te word. Hoor wat staan daar?

Sagaria 9:9 Wees baie bly, dogter van Sion! Juig hardop, dogter van Jerusalem! Kyk, jou koning kom na jou toe. Hy is regverdig en ’n oorwinnaar, maar tog is hy nederig. Hy ry op ’n donkie, die vul van ’n donkie.

Elke jaar het hulle gehoop is dit die jaar wat ons verlos gaan word. Is dit die jaar wat ons soos ons voor vaders onder Egiptiese onder drukking verlos was, is dit die jaar wat ons verlos gaan word van die Romeinse onder drukking.

En hier kom Jesus Jerusalem ingery en die profesie wat elke jaar deur vertel is vir mekaar generasie na generasie is besig om waar te word. En die mense is opgewonde en is besig om te skree Hosanna in die hoogste.

Julle sien hulle is besig om Psalm 118:

25Here, red ons tog, Here, gee ons tog voorspoed. 26Geseënd is die een wat kom in die Naam van die Here. Ons seën julle uit die tempel van die Here.

Wanneer die mense skree Hosanna in die hoogste is hulle nie besig om Jesus te prys so seer soos dat hulle roep na hom om hulle te red en vry te maak nie.

Julle sien die mense is opgewonde want hier is hoop, hierdie is waarvoor hulle gewag het die koning wat ons gaan kom red, die koning messias wat ons gaan kom vrymaak. Wat ons gaan kom vrymaak van onderdrukking, van mense wat oor hulle heers, vrymaak van hulle omstandighede, vrymaak van hulle ekonomiese probleme, vrymaak van hulle gevangenis of onderdrukking. Hier kom hulle eie koning en hulle gaan weer vry wees en hulle self regeer.

Maar die probleem is Jesus kom nie ingery op ’n perd nie, Nee ’n donkie vul. In die ooste is donkies gesien as vrede jy bring vrede. Julle sien Jesus kom ingery nie op ’n Wit perd wat oorlog verklaar nie, nie met mense met groot oorlog wapens nie nee die mense wat saam met hom daar instap stap in met Palm takke wat hulle op die grond neergooi saam met hulle klere as teken dat die koning die messias is hier.

Hoekom is dit ’n probleem? Want Jesus het gekom en in sy intog is Hy besig om sy Koningskap Sy tyd aan te kondig, maar hy het nie gekom om hulle te red van die Romeine nie, Nee hy het gekom om hulle te red van hulle sonde. Hy het gekom om die laaste offer te wees sodat die prys betaal is sodat elkeen se saak reg is met God. Sodat almal in ’n lewende verhouding met God kan staan.

Daar word baie keer gesê dat dieselfde mense wat Jesus geloof het op palm Sondag dieselfde mense is wat Vrydag gaan skree kruisig hom, maar daar word gesê dat dit nie heel te mal waar is nie. In Markus sien ons daar is 2 groepe mense die wat voor loop of staan die mense in Jerusalem wat skree Hosanna hulle verwagting is dat Jesus hulle moet red.

Maar die groep agter is besig om Jesus te prys dat hy die seun van David is dis mense soos Lasarus wat paar dae daarvoor uit die dood opgewek is, dis Lasarus se vriende Maria en Magdelena sy sussies, dis die blinde bartlomeus wie Jesus dae daarvoor geneus het. Hulle is kla gered hulle glo kla.

En dan is die terleurstelling so groot wanneer die eerste groep besef Jesus is nie daar om hulle verwagting te vol doen nie, is nie daar om hulle te red van Romeine nie dat hulle daai Vrydag dan teen hom draai en skree kruisig hom.

Vriende, wat maak Palm Sondag so belangrik vir ons? Want dit bring my en jou vanoggend voor die vraag. Wat is jou verwagting vanoggend? Wanneer ons roep Hosanna in die hoogste. Wat is jou verwagting? Wat is jou verwagting van die 40 dae Paas belewenis gewees of van die Heilige week wat voorlê? Wat is jou verwagting van die Messias die Seun van God?

En dalk was jou verwagting net dat Hy jou moet red uit jou finansiële probleem, of dat hy jou huwelik moet red of jou uit siekte moet red? Uit jou werksomstandighede moet red?

En dalk het hy nie en het jy jou rug op hom gedraai of op jou eie manier geskree kruisig hom, dalk het jy ophou glo dat Hy werklik is of vir lief is. Dalk wil jy begin twyfel.

Vriende dalk jare terug het jy Hosanna in die hoogste gesê omdat jy soos die volk wou hê dat God jou red uit ’n situasie uit, vanoggend wil ek jou nooi wil jy nie vanoggend sê Hosanna in die hoogste Here red my van my sonde en red my van my sondige natuur. Here leer my om U te volg leer my om U koning van my lewe te maak en om alles oor te gee.

Hy het gekom en sy lewe kom gee sodat die prys betaal. Daar is niks maar niks wat jy gedoen of kan den wat jou kan skei van God se liefde nie. Jesus het gekom om ons grootste behoefte of begeerte te vervul en dit is om gered te word nie van buite omstandighede nie, maar van Sonde wat ons skei van God se teenwoordigheid.

Vriende vanoggend wil ek jou nooi as jy voel dis jy. Ek is besig om met jou te praat vanoggend. As jy voel jy wil vanoggend weer opreg net sê Hosanna here red my van my Sonde of jy het net nodig dat iemand saam met jou moet bid wil ek jou nooi kom sit hiervoor. Daar is mense wat graag saam met jou wil bid vanoggend.

Vir die res van julle wat nie nou daar is nie wil ek nooi om lekker koffie daar agter te gaan drink maar kom ons respekteer die wat wel gebed wil he en kom ons stap saggies uit en gaan kuier eers daar buite en kom ons hou die atmosfeer.  Baie dankie.