Transformed – Week 3: Verander jou lewe deur jou denke te verander

[powerpress]

Seker die kragtigste instrument wat God vir jou gegee het, is jou brein.  En jou brein se funksie o.a. is jou gedagtes. Wat jy dink…, oor jouself, die lewe, ander mense, oor God.

Rom. 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”  AFR83

God is vêr meer geïnteresseerd wat in ons innerlike lewe aan die gang is as in ons uiterlike lewe.  Ons wil ons omstandighede verander, Hy wil ons denke verander.

Ons wil hê Hy moet ons probleme, pyn, hartseer wegneem, maar God wil eers aan jou werk, want transformasie in jou lewe kan net gebeur as jou denke vernuwe word.

Want as jou denke begin verander, sal jou hele lewe begin verander.

 

Hoekom is jou denke dan so belangrik?

Proverbs 4:23   “Be careful how you think; your life is shaped by your thoughts” (TEV)

As jy iets glo goed of sleg, dan sal dit jou lewe vorm (shape).

In ons groepe hierdie week gaan ons kyk saam met Rick Warren na 5 gewoontes vir ’n gesonde verstand.  Maar vandag:

 

2 Keuses vir gesonde denke:

Het jy al ooit begin stil raak en jou gedagtes begin fokus op iets soos God se teenwoordigheid?  Wat is jou grootste probleem hiermee?  Gedagtes wat rondspring.

So om jou gedagtes te oefen of te leer om te fokus op iets sonder dat dit rondspring is seker een van die grootste oefeninge wat jy kan doen.  Daarom leer ons in dissipelskap oor baie weke die vaardigheid aan om stil te raak en ons gedagtes te fokus.

Hoekom?  Want wanneer jy jou gedagtes kan fokus op waarheid kan dit jou lewe drasties verander.  Seker meer as enigiets anders in jou lewe.

 

1.  Bevry jou gedagtes met waarheid

Vir elke negatiewe gedagte kos dit ongeveer 7 positiewe gedagtes om weer te herstel se sielkundiges.  Wat gaan in jou gedagte wêreld aan die gang elke dag?

As ons vanoggend ’n movie clip moes speel van jou gedagtes die laaste week…

Was dit waarheid?  Was dit negatiewe gedagtes?  Was dit iets wat jou opgebou het?  Was dit iets wat jou net meer ’n leuen laat glo het?  “Dit sal nooit beter gaan nie.  Die land gaan dit nie maak nie, ongeregtigheid sal altyd sterker wees as geregtigheid?”

Joh. 8:32  “…en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”  AFR83

En wat is die waarheid?  Wat die nuus vir ons sê?  Wat jou vriende vir jou sê?

Nee, die waarheid is – wat God vir ons sê?

 

Nou, kan ek jou vra, is dit waarmee jy jou gedagtes vol maak elke dag?  Die waarheid wat God vir ons sê?  Want as dit nie is nie sal jou gedagte wêreld soos ’n tafeltennis balletjie tussen twee goeie spelers wees.

As jy jou gedagtes moet vul met die waarheid, wat doen jy?

Ps. 119:147-148         “Nog voordat die son in die oggend opkom, pleit ek al dat U my moet help, ek wag dat U my moet antwoord.  In die nag slaap ek nie, my oë is wawyd oop; dit is net op U gerig. Ek dink die hele tyd aan alles wat U sê.”  DB

Dawid het ’n groot deel van sy lewe gevlug vir Saul wat hom wou doodmaak.

Jy sien, as jy bekommerd is oor iets, kan jy jou gedagtes toelaat om oploop te gaan met die bekommernis wat iets wat nie uitwerk nie OF jy kan doen wat Dawid gedoen het.

 

2.  Bevry jou gedagtes van vernietigende denke

En ek bedoel, vernietigende denke!  Want daar is geen manier wat jou gedagtes oor iets negatief kan wees en dinge dan positief vir jou sal uitwerk nie.

Your life is shaped by your thoughts…

Dit is die grootste rede hoekom meeste mense oneffektief raak in hulle lewe.

Hulle het nooit geleer om die grootste oorlogsveld in hulle lewe te begin beheer nie.

 

Jou denke het soveel invloede en vyande, dit is waarom ons so sukkel daarmee.

Vyande van gesonde denke:

  1. Jou ou sondige natuur.  Ai, as God maar net ons geheue heeltemal uitgewis het soos in die flieks die dag wanneer ons tot wedergeboorte gekom het…

Romans 7:23         “There is another power within me that is at war with my mind. This power makes me a slave to the sin that is still within me.” (NLT)

Kry jy ooit jouself om iets te doen wat jy nie werklik wil doen nie?

Dit is die oorlog in jou brein tussen die ou natuur en jou goeie intensies.

  1. Die Satan self.  Hy kan jou nie forseer om enigiets te doen nie, Maar hy kan voorstelle doen wat baie baie kragtig is.

Hy is konstant besig om negatiewe gedagtes in jou denke te saai.  Hy sal ander mense gebruik of hy sal so nou en dan net ’n saad plant in jou gedagtes wat nie waar is nie.  Die oomblik wat jy opstaan begin dit, plant hy gedagtes in jou denke.

Vandag gaan ’n vreeslike dag wees.  Kyk, dis al weer einde v.d. maand.

 

Nou – Jy hoef nie elke gedagte te aanvaar nie.  Jy hoef ook nie alles te glo wat jy dink nie.  Net omdat jy dit dink, beteken nie dit is waar nie.

Kan ek maar sê, as jou gedagtes nie geoefen is om waarheid te bedink nie, is feitlik alles wat jy dink nie die waarheid nie.

As die duiwel gedagtes los – dan noem ons dit VERSOEKING.

As God gedagtes los – dan noem ons dit INSPIRASIE.

2 Kor. 2:11    “Die bedoeling is dat ons nie deur Satan uitoorlê word nie! Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!”  NLV

  1. Die wêreld se waardesisteem.  Dink jy die wêreld leer ons om goeie waardes te hê?  Beslis nie.  Kom ons dink net… selfdissipline?  Is dit iets wat die wêreld ons leer?  Nee, ek wil dit hê en ek wil dit nou hê.  Ek is geregtig daarop.  “Obey your thirst.”

1 Joh. 2:16-17        “Wat ook al in die wêreld bestaan, alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien, en die vals roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorsprong in die wêreld.  Dié wêreld én sy begeerlikhede is aan die verbygaan.”

Geen waarde in hierdie wêreld help ons regtig nie, want alles is gebaseer op jou begeertes.  Die doel van die wêreld sisteem is om jou te wys watter begeertes jy het en dan te kapitaliseer op die behoeftes wat hulle sê hulle vir jou gaan bevredig.

Met sulke vyande, is dit geen wonder dat ons sukkel met mismoedigheid en mislukking nie.

 

Hoe veg ons hierdie oorlog vir ons gedagtes?

2 Kor. 10:3-5     “want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings (strongholds) neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange (captive) neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”  AFR53

Elke Sondag bid ek hierdie vers vir elke persoon wat hier instap.  Jy moet dit ook ken.

Wat is hierdie vestings of strongholds?  Grieks: Ochuroma – a castle, stronghold, fortress.

Wat is die kasteel van die duiwel in jou lewe?  Leuens.  Soos wat ‘n kasteel enige aanvalle van buite beskerm so beskerm dit duiwel se leuen jou gedagtes.

Maar dis wat hierdie vers sê – ons het wapens om hierdie vestings of kastele te vernietig.

Hoe?  Elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus

Grieks: Aichmalotizobring into captivity, to lead away captive, bring it into submission.

So wanneer jy bewus raak van daardie leuen wat jy glo – dan breek jy daardie vesting of kasteel met die waarheid en jy lei jou gedagtes daar weg soos ’n gevangene na die plek toe waar dit moet wees.

Jy het ’n keuse.  Jy denke moet na jou luister.  God het jou nie net denke gegee nie, hy het vir jou ’n wil gegee. En met oefening kan jy jou denke wegneem waar dit moet wees.

Maak jou gedagtes gehoorsaam, lei hulle na die waarheid toe.  Dit gebeur nie vanself.

 

Nou kom ons wees eerlik, jou gedagtes gehoorsaam jou heel dikwels nie.

Vanoggend – dit is koud en nat, dis dalk ’n lang naweek… wat sê jou gedagtes vir jou as jy wakker word Sondagoggend?  “Ek is nie lus om vandag kerk toe te gaan nie.  Ek verdien hierdie dag af by die huis.  Môre is weer mal, laat ek net bietjie recover.  Wat gaan ek regtig mis as ek nie gaan nie?”

Net die feit dat ek dit dink beteken nie dat dit die waarheid is nie.  Neem jou gedagtes gevange en lei hulle na die waarheid toe.  “Eintlik het ek dit nodig om te gaan, ek moet my siel weer in ‘sync’ met God bring, ek het aanbidding saam ander nodig.”

As jy op jou eie bid, wat gebeur met jou?  Jou gedagtes begin weg dwaal.  Jy het ’n keuse, jou gedagtes moet na jou luister.  Dit is soos ’n geestelike spier wat geoefen moet word.  Elke keer wat jy jou gedagtes terugbring dan raak hy sterker.  Los jou gedagtes net waar hulle wil gaan en hulle sal rondspring soos ping pong balletjies.

 Hoe werk versoeking?

Ons het vroeër gesê dat jy 3 vyande het, jou eie begeertes, die duiwel en die wêreld.

Al drie hierdie speel in op ons begeertes en hierdie begeertes is oos lokaas aan ’n hoek.

Vir verskillende visse, sit jy verskillende aas aan.

So jou begeertes wat jou gaan versoek is soos die regte aas wat deur die duiwel aan jou hoek gesit is.  As jy ’n wurm mens is, gaan pap en brood jou nie versoek nie.

En dan kry jy nog kunsaas.  O wee, het jy al gesien hoe mooi hulle is. Kyk op die skerm.

Jou ou mens, die duiwel, die wêreld, weet presies watter aas om te gebruik om jou te vang.  Hulle is kenners op die gebied.  Hulle werk is om jou te vang met iets wat jou aandag sal kry en wat jou sal intrek sonder dat jy eers twee keer dink.

Jak. 1:14-15       “Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.”

 

Begeerte:  Begeerte is nog nie versoeking nie.  Dit is ’n interne begeerte.

Die feit dat jy van ’n wurmpie hou kan jy niks aan doen nie.

Maar dit is waar dit begin – in jou gedagtes.  Soms is dit ’n dood gewone begeerte na iets soos kos, rus, presteer, seks.

Dikwels weet ons daar is ’n hoek, maar ons gaan knibbel nog steeds daaraan.

Maar versoeking verander ’n gewone roetine begeerte in ’n weghardloop begeerte deur jou denke te bombardeer met nog wurmpies en nog wurmpies totdat dit al is waaraan jy kan dink.  Vuur is mooi in ’n kaggel, maar ’n weghol brand vernietig alles.

 

Twyfel:  Volgende kom daar altyd twyfel.  Dalk is hierdie ’n regte wurmpie wat maar net ronddryf in die water.  Het God regtig gesê dat hy vir my sal sorg, wat as Hy dit nie doen nie?  Het God my regtig lief, weet Hy regtig wat die beste vir my is?

Dink maar weer aan Adam en Eva, wat het die slang vir hulle gesê?  Het God regtig gesê dat julle nie van hierdie boom mag eet nie?  So word die saad van twyfel gesaai.

 

Misleiding:  Die duiwel vervang die waarheid met die leuen.

Gen. 3:4-5     “Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”  AFR83

Kan jy sien, die leuen kom in.  Jy sal soos God wees.  Jou oë sal oopgaan.

Deur my gedagtes begin ek iets glo wat nie die waarheid is nie.  Daar kom ’n vesting.

Ek glo iets oor myself wat nie waarheid is nie.

 

En soos ’n hoek ’n vis vang, het hierdie vesting of leuen my gevang sodat ek nie meer ’n vry mens is nie.

Ingee en ongehoorsaamheid:

En my eie begeertes en die duiwel speel met my soos ’n hengelaar met ’n vis.  As jy eers gehoek is, kan jy nie sonder hulp wegkom nie.

Waarmee jy flirt, is waarvoor jy gaan val.

 

So hoe weerstaan ek die versoeking?   Fokus jou denke op die regte dinge.

Die beste tyd om ’n oorlog te wen is nog voor hy begin het.

Ps. 119:112  “I have made up my mind to obey your laws forever, no matter what.” CEV

Ek neem daardie gedagtes gevangene.  Ek maak my mind op voor die tyd.

Verstandelike gesondheid gaan daaroor dat ek leer om my gedagtes te fokus op die waarheid.  Elke leuen in jou lewe moet met waarheid vervang word.

En wat is hierdie regte dinge?  Positiewe dinge?

Dink oor Jesus.  Jy word soos die dinge waaroor jy dink.  Wat sou Jesus gedoen het?

Dink oor ander.  Gaan hierdie denke my help en gaan dit ander help?

Dink oor die ewigheid.

 

Jou denke is jou grootste bate maar dit is ook jou grootste oorlogsveld.

Vra die Here om jou te help om elke dag jou negatiewe, destruktiewe, vestings en leuens te vernietig met die waarheid van Sy Woord.

Bevry jou denke van destruktiewe gedagtes.

Vul jou denke met Jesus, ander en die ewigheid.  Dan sal jy hierdie geveg elke dag wen.

Begeleide meditasie van  Fil. 4:8